SA boorling sorg vir Aussie Ope

2012-01-21 23:13

Craig Tiley, toernooidirekteur van die Australiese Ope, saam met Roger Federer.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy’s van hier, maar hy is in beheer van die Australiese Ope-tennistoernooi doer onder.

Craig Tiley, ’n Suid-Afrikaner, is reeds die afgelope ses jaar die toernooidirekteur en hy glo die toernooi gaan vanjaar selfs nog groter wees as vorige jare.

Die Australiese Ope, wat tans in Melbourne plaasvind, is die eerste keer in 1905 aangebied. Dit is een van tennis se vier groot Grand Slam-toernooie.

Tiley het Donderdag gou ’n paar minute afgeknyp om tussendeur die wedstryde telefonies met Rapport te gesels.

“Ek is gelukkig om ’n formidabele span te hê wat saam met my werk,” vertel hy.

“Ek kry nie veel slaap nie. Dis omtrent 18 dae van tennis, met die dag se laaste wedstryde wat vroegoggend, tussen 02:00 en 03:00 (Australiese tyd), klaarmaak. Teen sewe-uur is ons weer aan die gang. Tydens die toernooi slaap ek twee tot drie uur per nag.”

Tiley se span bestaan uit 150 heeltydse personeel en 4?500 deeltydse werkers wat vir die duur van die toernooi ingespan word.

“Dan kyk ons ook na die 500 spelers én die 650?000 mense wat gedurende die twee weke deur die hekke gaan.

Tiley is in Durban gebore en het in Johannesburg skoolgegaan. Al sy familie is in Suid-Afrika en sy ouers woon die afgelope 13 jaar op Clarence in die Vrystaat. “As kind het ek al geweldig baie in tennis belang gestel. Ná skool het ek B.Econ op Stellenbosch gaan studeer, waar ek vir Maties gespeel het.

“My weermagjare het ek op Ladi­smith en in Pretoria deurgebring. Ek was ook die kaptein van die Suid-Afrikaanse Davisbekerspan.”
Hy het daarna in Europa gaan tennis speel en het toe in Amerika tennis afgerig terwyl hy sy meesters- en doktorsgraad daar gedoen het.
Tiley het sowat sewe jaar gelede suid van Chicago afrigting gedoen toe die Australiese Ope ’n wêreldwye soektog na ’n geskikte toernooidirekteur begin het.
“Tot in daardie stadium het die Austra­liërs self hul sport bestuur. Ek was een van die eerste nie-Australiërs wat so ’n hoë pos in hulle sportwêreld gekry het.”
Tiley sê hy is bevoorreg dat hy al op drie vastelande kon woon: 23 jaar in Suid-Afrika, 18 jaar in Amerika en nou ses jaar in Australië. “Ek kom nog jaarliks terug Suid-Afrika toe. Dis immers my huis en ek het nog baie kontak met my familie en vriende.”
Hy werk ook gereeld saam met die Suid-Afrikaanse Tennisvereniging om dié sportsoort in Suid-Afrika te help bevorder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.