SA druk lei tot asiel-appèl

2009-09-05 20:49

Mnr. Brandon Huntley

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Kanadese regering se aansoek om appèl teen die asielstatus van die oud-Kapenaar mnr. Brandon Huntley volg op intense diplomatieke druk deur Suid-Afrika.

Maar dit kan nog lank duur voordat ’n Kanadese hof finaal uitspraak lewer in die saak.

’n Diplomatieke herrie woed die afgelope week nadat ’n Kanadese immigrasie-tribunaal aan Huntley (31) asiel verleen het omdat hy glo weens sy wit vel nie veilig is in Suid-Afrika nie.

Die Kanadese immigrasie-tribunaal se bevinding in Huntley se guns het die debat oor misdaad in Suid-Afrika weer boaan die nasionale agenda geplaas.

In nóg ’n wending het Afriforum gister gesê hy wil as vriend van die hof toetree tot die Kanadese regering se aansoek. Mnr. Willie Spies, Afriforum-woordvoerder, sê hulle wil die konteks stel waarbinne Huntley asiel verkry het.

Mnr. Dawie Jacobs, direkteur: Kanada van die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het gister gesê die regering is beswaard omdat die Huntley-bevinding “nie die realiteite op die grond weerspieël nie”.

Jacobs sê ’n immigrasie-tribunaal se bevinding word selde hersien.

Suid-Afrika het dus geen ander uitweg gehad as om die Kanadese regering te vra om appèl aan te teken nie.

Me. Kelli Fraser, woordvoerder van die Kanadese immigrasie-minister, sê die aansoek om ’n wetlike oorsig is op 3 September gedoen: “Dit kan ses maande duur voordat die Kanadese hof besluit of hy die appèl gaan aanhoor.”

Huntley, oorspronklik van die Kaapse woonbuurt Mowbray, het verlede Donderdag asiel in Ottawa verkry nadat hy sedert 2006 onwettig in die land gewoon het.

Huntley het in sy asielaansoek beweer hy is “weens sy wit vel?…? ses of sewe keer” deur swart Suid-Afrikaners aangeval.

Mnr. William Davis, wat Huntley se asiel toegestaan het, het bevind Huntley se littekens op “verskeie dele van sy liggaam, soos sy maag, regteroog, regterkant van sy lyf en sy hande” dien as bewyse van dié aanvalle.

Davis het gesê die bewyse wat Huntley se prokureur, mnr. Russell Kaplan, voorgelê het, wys “die regering en veiligheidsmagte is nie bereid om Wit Suid-Afrikaners teen die vervolging van Swart Suid-Afrikaners (sic) te beskerm nie”.

Kaplan het mediaberigte en statistieke oor plaasaanvalle en verkragting ter stawing van Huntley se saak voorgelê.

Volgens die Kanadese nuusdiens CBC hang daar egter vraagtekens oor die motiewe van Kaplan, self ’n oud-Suid-Afrikaner, nadat dit aan die lig gekom het sy suster, Laura, het vir Huntley getuig.

Me. Kaplan het getuig sy is ook telkemale deur swart mense aangeval en gedreig en haar broer Robert is deur “swart Suid-Afrikaners gemartel en geskiet”. Sy woon ook in Kanada.

Mnr. Craig Stewart, namens Huntley se prokureur, het aan Rapport gesê hy glo nie Huntley se asiel baan noodwendig die weg vir ander asielsoekers nie.

)
?Huntley het Vrydag aan die Ottawa Sun gesê hy is verbysterd oor die reaksie wat sy asielstatus ontlok het en hoop “niks loop skeef” met die hersiening van sy aansoek nie.

“Ek kan nie nou teruggaan nie.”

Volgens Spies hoop Afriforum om die konteks waarbinne Huntley asiel verkry het, aan Kanadese owerhede uit te lig.

Spies sê hul besluit spruit uit me. Thandi Modise, ANC-adjunk-sekretaris-generaal, se kommentaar tydens ’n media-onderhoud dat “rasse-aanvalle eerder andersom (wit teenoor swart) geskied”.

“Huntley sou nooit met sy betoog voor ’n internasionale tribunaal geslaag het as dit nie was vir gereelde berigte uit Suid-Afrika wat dui op ’n oordrewe rasse-obsessie by die regering nie,” het Spies in ’n verklaring gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
42 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.