SA glo nog, dog heelwat minder

2012-08-12 00:10

Suid-Afrika is een van die lande ter wêreld waar godsdienstigheid die vinnigste afneem.

Dít blyk uit ’n meningsopname deur ’n gesaghebbende navorsingsliggaam waarvolgens die persentasie Suid-Afrikaners wat hulself as meelewend godsdienstig beskryf sedert 2005 van 83% tot 64% afgeneem het.

Dit is ’n afname van amper ’n kwart.

WIN-Gallup International, ’n wêreldwye netwerk van onafhanklike navorsers, doen elke paar jaar dié opname van die stand van godsdienstigheid in verskeie lande.

In die peiling is meer as 50 000 mense gevra om hulle as óf meelewend godsdienstig óf godsdienstig onbetrokke óf ateïste te beskryf.

In 2005 het 83% van Suid-Afrikaners hulle nog in die eerste van dié drie afdelings geplaas, maar dié syfer het intussen heelwat afgeneem.

Op ’n lys van die lande waar godsdienstigheid die vinnigste afneem, is dit net Viëtnam, Ierland, Switserland en Frankryk wat bokant Suid-Afrika verskyn.

Desondanks maak die 64% van die Suid-Afrikaanse bevolking wat hulself sterk godsdienstig ag Suid-Afrika steeds een van die meer gelowige lande op aarde. (Suid-Afrika verskyn net bokant die VSA, waar 60% van die bevolking meelewend godsdienstig is, en net onder die Palestynse gebiede, waar die syfer 65% is.)

Die getal Suid-Afrikaners wat hulself ateïste noem, het sedert 2005 van 1% tot 4% gestyg.

Luidens die verslag, wat pas bekend gemaak is, staan die meelewend godsdienstige deel van die wêreldbevolking op 59%.

Altesame 23% van die wêreldbevolking is godsdienstig onbetrokke en 13% is ateïste.

Die orige 5% is onseker.

Die mees godsdienstige land is Ghana (96%), met Nigerië (93%) en Armenië (92%) kort op sy hakke.

Die land met die meeste ateïste is China (47%), gevolg deur Japan (31%) en Tsjeggië (30%).

Volgens die navorsers is daar ’n omgekeerde verband tussen welvaart en godsdienstigheid.

Hoe ryker ’n land is, hoe minder godsdienstig is die mense oor die algemeen, terwyl mense in arm lande weer meer geneig is om gelowig te wees.

Nog interessante bevindings uit hul peiling is dat Afrika die mees godsdienstige vasteland is (89%, teenoor Wes-Europa se 51% en Noord-Amerika se 57%) en dat meer mans as vroue meelewend gelowig is (60% van mans teenoor 57% van vroue).

Mense met hoër geleerdheid is ook minder godsdienstig as mense wat min of geen onderwys nie agter die blad het.

Al hoe minder mense meelewend godsdienstig

* 64% van SA se bevolking is godsdienstig

* 96% van Ghana se mense is godsdienstig

* 13% van die wêreld se bevolking is ateïste

Lewer kommentaar op hierdie artikel
273 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.