'SA is dík vir die ANC'

2013-02-02 23:26

Ja, by die stembus het hy ’n meerderheid. Maar die ANC mág nie langer geduld word as regerende party nie, het ’n koor van hoëprofiel-Suid-Afrikaners gister op ’n konferensie van die FW de Klerk-stigting gesê.

Die tema was “Verenig agter die Grondwet”.

“Dáár is Mangaung. En hier is Suid-Afrika,” het Mosiuoa Leko­ta, Cope-leier, in ’n sterk bewoorde toespraak gesê.

“Suid-Afrika sit met mense wat die lewe onmoontlik wil maak vir dié wat ’n uitmuntende regering soek. Die ANC is gestig om Suid-Afrika te demokratiseer, nie om hom te regeer nie.”

Oudpres. FW de Klerk het gesê sy stigting gaan dadelik begin met reëlings vir ’n opvolgkonferensie, in die vorm van ’n bosberaad, “vir samewerking, en om ’n vennootskap te vorm tussen dié wat die Grondwet ondersteun. Ons moet die verskille tussen ons uitwerk.”

Hy het fel kritiek uitgespreek op die ANC “wat die geneigdheid het om sekere dele van die Grondwet te oorbeklemtoon as primêre aspekte en ander dele te onderbeklemtoon en dit as sekondêr te beskou”.

Van die ergste vergrype waaraan die ANC hom skuldig maak, is swart bemagtiging deur onregverdige diskriminasie, die ondermyning van die gesag van howe, die vernietiging van demokratiese instellings en die vernietiging van die onafhanklikheid van die nasionale vervolgingsgesag, volgens De Klerk.

Volgens Lekota is Suid-Afrika, met die ANC aan die spits, op één pad, “en dis ’n katastrofe. Dit kan nie wees dat Nelson Mandela die laaste leier was wat vir die mense opgeoffer het nie. Daarom moet julle gaan stem.

“Die ANC-regering moes al gister uit die pad gewees het. Ek is gereed om na struggle terug te keer.”

Die enigste alternatief vir ’n revolusie is dat Suid-Afrikaners stembus toe gaan, het dr. Paul Graham, uitvoerende direkteur van Idasa, gesê. Korrupsie en die gesag van die reg blyk van die grootste struikelblokke te wees vir ’n gelyke en regverdige samelewing, het die sprekers deurlopend gesê.

Sedert 1994 het die land sowat R675 miljard verloor aan korrupsie en jaarliks gaan sowat R30 miljard verlore weens die regeringstenderstelsel, volgens adv. Paul Hoffman, direkteur van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika.

Volgens hom bedreig korrupsie stabiliteit in die land.

Michael Bagraim, ’n arbeidskundige, het gesê die Suid-Afrikaanse sakeomgewing voel die ANC vernietig die gesag van die reg.

Volgens adv. Johan Kruger het studente onlangs aan hom tydens ’n lesing gevra wat ’n regter moet doen wanneer hy omkoopgeld aangebied word.

“Dan is my vraag: Is dit ’n heenwysing na die beskouings wat daar in die samelewing oor die Suid-Afrikaanse reg bestaan?”

Die sukses van ’n Grondwet is die mate van respek wat ’n regering toon aan die reg en aan uitsprake. As dit nie gebeur nie, is dit die einde van die regstelsel, het hy gesê.

Dr. Anthea Jeffery van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het gesê daar word op grond van ’n “demografiese kwota” gediskrimineer. Die gevolge van die verlies aan vaardighede kan duidelik gesien word in die ineenstorting van munisipaliteite.

“Die ANC het die armes in ons land in die steek gelaat. Dis tyd dat die regering teruggaan na die ware betekenis van art. 92 van die Grondwet in die toepassing van swart ekonomiese bemagtiging. Die manier waarop dit nou gedoen word, was nooit die bedoeling van die wet nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
54 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.