SA se berg van boetes

2012-12-29 23:17

Net ’n fraksie van Suid-Afrikaners betaal hul verkeersboetes en in Gauteng alleen beloop boeteskuld meer as R1,6 miljard.

Tog beplan owerhede om die omstrede Wet op die Beregting van Padverkeersoor­tredings (Aarto) steeds in 2013 landwyd in werking te stel.

Kritici sê die toetsfase van Aarto in Johannesburg en die Tshwane-metroraad sedert 2007 het in ’n “gemors” ontaard en syfers wys dat ’n hardnekkige kultuur van wanbetaling heers.

Pogings om oortreders aan die pen te laat ry sal boonop ’n verdere knou kry wanneer e-tol volgende jaar te midde van ’n dreigende boikot op Gauteng se hoofweë in gebruik geneem word, word gewaarsku.

Só sleg het dit gegaan met Aarto se toetsfase die afgelope vyf jaar in Gauteng dat die Wes-Kaapse regering dreig om die instelling daarvan in dié provinsie in die hof te stuit.

Aarto maak onder meer voorsiening vir ’n nasionale oortredingsregister (NCR) waarop al die land se uitstaande boetes geregistreer word en ’n strafpuntstelsel wat daartoe kan lei dat gereelde oortreders hul rybewys verloor.

Aarto-maatreëls sal ook motoriste met agterstallige boetes verhinder om hul motorlisensies en rybewyse te hernu.

Maar motoriste steur hulle nie aan die boetes nie.

Luidens die jongste jaarverslag van die Padverkeers­misdryfagentskap (RTIA), wat op die been gebring is om Aarto-maatreëls toe te pas, het motoriste in Tshwane en Johannesburg van 1 April 2011 tot einde Maart 2012 byna 1,8 miljoen boetes gekry.

Die waarde hiervan was R980 miljoen.

Maar net 251 125 van die boetes – oftewel 14% – is betaal. Die inkomste hieruit was R86 miljoen – minder as 9% van die boekjaar se uitstaande skuld.

As boeteskuld sedert 2007 bygereken word, staan die boeteberg op R1,6 miljard.

Die RTIA self, wat die invordering van boetes moet bestuur, was boonop self sedert 2007 nooit solvent nie.

Kritici waarsku dat Aarto, wat tans 22 vaste werknemers het, nie die administratiewe mas sal opkom as dit landwyd in werking tree nie.

Die RTIA sê egter hy is reg vir die landwye instelling van Aarto.

“Ons doen ons finale voorbereidings. Die minister (van vervoer, Ben Martins) gaan die aankondiging iewers volgende jaar doen,” sê Japh Chuwe, die RTIA se registrateur.

Hy sê die R1,6 miljard se agterstallige boetes moet in konteks geplaas word.

“Sommige motoriste kon sedert Maart al ’n plan gemaak het met hul boetes. Motoriste kan ook kies om vertoë te rig.”

Die agentskap se jaarverslag wys egter hy het net 39 443 vertoë ontvang. Robin Carlisle, die DA se vervoerminister in die Wes-Kaap, glo die RTIA en Padbestuursverkeerskorporasie (RTMC) is nie naastenby gereed om Aarto nasionaal te bestuur nie.

“As daar enige aanduiding is dat die regering Aarto in die Wes-Kaap op ons wil afdwing sal ons dit in die hof beveg,” het hy aan Rapport gesê.

Hy stem saam iets drasties moet gedoen word om wetteloosheid onder bestuurders hok te slaan, maar sê Aarto gaan nie onder die RTMC en RTIA doeltreffend toegepas word nie.

“Die RTIA is basies bankrot en het ’n absolute gemors gemaak van die Aarto-toetsfase in Gauteng.”

Sam Monareng, woordvoerder van Martins, het gesê Aarto se instelling sal aangekondig word “sodra gereedheidskwessies gepak is”.

Howard Dembovsky, voorsitter van Justice Project South Africa, sê Aarto kan help om die slagting op die land se paaie te stuit, maar vrees e-tol kan die stelsel se rug breek.

“Ek voorspel sowat 80% van motoriste gaan hulle nie vir e-tol registreer nie. Hierdie bykomende oortreders sal ’n geweldige las op die stelsel plaas indien e-tol-oortreders onder Aarto gaan val.”

Die waarde van boetes wat jaarliks landwyd uitgeskryf word kan tot soveel as R4 miljard beloop.

Sowat 2,45 miljoen (23,5%) van Suid-Afrika se 10,5 miljoen geregistreerde voertuie is in Johannesburg en Tshwane.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
60 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.