SAUK se local nie so lekker

2012-09-01 23:54

Dit word geboekstaaf as ’n amptelike feit: TV-programme in Afrikaans en ander inheemse tale word gruwelik deur die SAUK afgeskeep.

Die SAUK kom nie sy kwotavereistes met plaaslik vervaardigde programinhoud na nie en die uitsaaier verbloem dit deur plaaslike programme te herhaal, het die drukgroep Media Monitoring Africa (MMA) bevind in ’n studie oor die diversiteit van TV-programme wat deur die SAUK uitgesaai word.

Net die herhalings van episodes van 7de Laan maak nou soveel as 37% uit van al die Afrikaanse programme wat deur die SAUK uitgesaai word, het die MMA in sy studie bevind.

Programme wat tydens spitstyd op al drie die kanale van die SAUK vanaf 1 April tot 15 Mei uitgesaai is, is vir die studie gemonitor.

“Ons het bevind dit is veral programme wat eksklusief in Afrikaans, isiXhosa en Tshivenda uitgesaai word, wat die meeste herhaal word,” sê Lethabo Thebe, ’n navorser by die MMA.

“Die herhalings is meestal sepie-reekse met min of geen opvoedkundige waarde,” sê hy.

Ingevolge die SAUK se lisensievoorwaardes moet 55% van die inhoud van die programme wat hy uitsaai Suid-Afrikaans wees, maar volgens Thebe is dit slegs 39%.

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) kan swaar boetes aan die SAUK oplê wanneer te min inhoud volgens Okosa se punteskaal uitgesaai word.

Herhalings van plaaslike programme uit die SAUK-argiewe is nie veronderstel om te help nie, want heruitsendings tel minder punte. Wanneer ’n program vir die eerste keer herhaal word, tel dit die helfte minder punte as ’n program wat vir die eerste keer uitgesaai word en wanneer dit vir die derde keer uitgesaai word, tel dit nie meer as plaaslike inhoud nie.

Volgens die MMA was 50% van die programme wat deur die SAUK se drie TV-kanale uitgesaai is materiaal wat vir die eerste keer herhaal is en 25% materiaal wat vir die tweede keer herhaal is.

Volgens Thebe beplan die MMA om hul bevindings aan die parlement voor te lê sodat die ware stand van sake by die SAUK aan die lig kan kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Elsabe Ferreira sê... Laat my aan die Kruger-miljoene dink.... nerens te vinde. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.