San-mans red vrou van brand

2012-09-22 23:13

Cgunta //Khao//khao die afgelope week in ’n Windhoekse hospitaal. Sy drie vriende het nie die ernstige brandwonde wat hulle opgedoen het, oorleef nie. Hulle word Donderdag begrawe. | Foto: Republikein/Marlize Rautenbach

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Mense van Namibië tot Hollywood is aan die hart gegryp deur die verhaal van vyf San-mans wat letterlik deur die vuur gegaan het om ’n Australiese toeris teen ’n veldbrand te beskerm.

Dié vyf mans was saam met die toeris in die noordooste van Namibië in die veld toe hulle in ’n veldbrand vasgekeer is. Hulle het ’n kring om Jane Bean (56) gevorm om die vlamme en die hitte met hul lywe van haar weg te hou en só haar lewe te red.

Vier van die vyf mans het meer as 70% derdegraadse brandwonde opgedoen en drie van hulle is dae later in die staatshospitaal op Grootfontein dood.

Die vierde gaan nou danksy skenkings deur onder meer die akteurspaar Angelina Jolie en Brad Pitt spesiale behandeling in die Milpark-hospitaal in Johannesburg ontvang. Cgunta //Khao/khao (40) gaan binnekort van die Katolieke hospitaal in Windhoek oorgeplaas word na dieselfde hospitaal waar die driejarige brandslagoffer Pippie Kruger ook onlangs behandel is.

Die voorval het einde verlede maand by die Nhoma-safarikamp naby Tsumkwe plaasgevind.

Bean, van Melbourne in Australië, het uit Swakopmund waar sy aansterk vertel sy is vroeg die oggend van die voorval saam met die vyf San-mans veld toe om te sien hoe hulle jag en veldkos versamel.

Die kampeienaars, Arno Oosthuizen en sy vrou, Estelle, bedryf die gasteplaas saam met die Ju/’hoan San van die omgewing.

Bean vertel dit het voor haar aankoms op die plaas al in die omgewing begin brand. Oosthuizen het vroegoggend met ’n span mense gery om ’n veldbrand oos van die kamp te gaan blus. Hy het haar en die vyf mans op pad daarheen in die veld afgelaai. Die veldbrand was in daardie sta­dium ver van hulle af.

“Ek het later die oggend massiewe vlamme en ’n digte rookwolk noordoos van ons opgemerk. Die wind het gedraai en baie sterk in ons rigting gewaai.

“Ek het besef die vlamme stuur reg op ons af. Bertus (//Khao//khao, 32), die gids, het die ander vier mans nader geroep en hulle het die gras op twee plekke aan die brand gesteek in die hoop dat die voorbrand die vlamme sou stuit.”

Die volgende oomblik was die vlamme op hulle, sê Bean. “Dit was afgryslik. Ons het na ’n kaalgebrande kol gehardloop. Hulle het mekaar vasgegryp en ’n kring om my gevorm. Ons was seker so vier minute lank in dié oond vasgevang voordat die wind die vlamme verder gedryf het.”

Cgunta //Khao//khao, Bertus se broer, het die pyn wat hulle moes verduur uit sy hospitaalbed in Windhoek só beskryf: “Ons het op en af gespring en gehuil, gespring en gehuil. Later kon ons nie meer staan nie en ons het op die grond neergeval.”

Bertus was die enigste van die vyf wat nie tradisioneel geklee was nie. Hy en Bean het tweedegraadse brandwonde aan hul arms opgedoen. Cgunta, Fanie N!ani, N!anni Oxa en N//ammi /Ukxa was minder gelukkig.

“Onse velle het net sommer van ons lyf afgekom,” vertel Cgunta.

Oosthuizen het later in ’n beëdigde verklaring gesê hy het teruggejaag na waar hy die groep afgelaai het toe hy besef ’n ander veldbrand het naby hulle ontstaan en stuur reg op hulle af.

Intussen gee me. Marlice van Vuuren van die N/a’an ku sê Stigting, wat geld vir Cgunta se behandeling insamel, byna daagliks aan Jolie terugvoer oor hoe dit met hom gaan.

Jolie en Pitt het tydens hul verblyf destyds in Namibië betrokke geraak by die liefdadigheidswerk wat die stigting in die San-gemeenskap doen.

Die drie oorledenes word Donderdag op Nhoma begrawe.

* Rademeyer is ’n verslaggewer by Republikein.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-21°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-26°C Sunny. Mild. PE: 8-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!