‘Sekswerk net soos poligamie’

2012-07-21 23:53

As ’n gesiene gewese adjunkminister van gesondheid haar sin kry, sal net klante van sekswerkers vervolg word en nie sekswerkers self nie.

Nozizwe Madlala-Routledge, tans die ­direkteur van die nie-regeringsorganisasie Embrace Dignity, het Woensdag tydens ’n debat oor die dekriminalisering van sekswerk gesê haar organisasie beywer hom vir die gedeeltelike ­dekriminalisering van sekswerk in Suid-Afrika.

Die debat is aangebied deur die Universiteit van die Witwatersrand se sentrum vir etiek.

Die dekriminalisering van sekswerk was ook onlangs ter sprake toe die ANC-vroueliga dit op die party se beleidskonferensie geopper het.

Troy Martens, woordvoerder van die ANC-vroueliga, het die afgelope week gesê die genderkommissie het by die beleidskonferensie ’n beraad voorgestel met dié kwessie op die agenda.

“Ons wil nie sekswerk bevorder nie, maar ons verstaan dat die huidige wetgewing dit kriminaliseer, terwyl dit nie sekswerk stop nie en die vroue weerloos laat teen verdere uitbuiting.”

Onder die huidige wetgewing kan ’n sekswerker en haar klant in hegtenis geneem word as hulle op heterdaad betrap word.

Madlala-Routledge, wat in 2007 op omstrede wyse deur die Mbeki-administrasie afgedank is weens haar teenstand teen die destydse regering se standpunt teenoor MIV/vigs, sê haar organisasie glo sekswerk is moreel verkeerd.

“Mans het geen reg om seks te koop nie, terwyl vroue die reg het om nie deur ons patriargale samelewing onderdruk te word nie.”
Volgens haar is sekswerk dieselfde as poligamie, “want in albei gevalle gaan dit oor manlike oorheersing”.

Mickey Meji, ’n menseregte- en sekswerkaktivis, sê sy steun die algehele dekriminalisering van sekswerk.

“Dit sal wette skep wat die menseregte van sekswerkers kan beskerm.

“Ons sekswerkers word nie uitgebuit nie. Ons verkoop seks. Ons praat nie hier van kinders nie. Om dit te kriminaliseer sal nie armoede aanspreek of MIV/vigs bekamp nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Ai ek mis hom omtrent. Hy het 'n groot verskil gemaak vir sy mense, hy het 'n hart van goud gehad en kon nog baie gedoen het. 'n Mens kan maar net wonder wat hy nog kon vermag het, maar nou ja, dis alles verby. Wie sal sy twee skoene vol kan staan? Wie sal die raadslede en ander politieke figure kan aanspreek met "flair" en "charm" terwyl hy hulle op hul selfsug wys? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 6-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.