Seun op sy knieë: ‘Hul is almal dood’

2012-04-07 22:35

Marthella Steenkamp (14) is Vrydagaand saam met haar ouers doodgeskiet.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n 15-jarige seun was bedek met sy suster se bloed toe hy Vrydagaand by die polisiekantoor in Griekwastad ingestorm het nadat die res van sy gesin op hul plaas aangeval en vermoor is.

“Julle moet kom. Hulle is geskiet. Almal is dood,” het Don Steenkamp, ’n gr. 10-leerling aan Grey-kollege in Bloemfontein, glo op sy knieë in die polisiekantoor gesê.

Sy pa, Deon (44), sy ma, Christelle (43), en sy suster, Marthella (14), is in hul plaashuis oorval en in die oopplan-leefvertrek doodgeskiet.

Lt. kol. Hendrik Swart, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Rapport gesê daar is in dié stadium nog geen verdagtes geïdentifiseer nie.

Tydens die gru-aanval Vrydagmiddag laat was Don na bewering doenig in die skuur op die plaas Naauwhoek.

Dit is onbekend of hy die skote gehoor het.

Hy het aan die polisie gesê hy het omstreeks 18:00 op sy gesinslede afgekom.

Me. Henriëtte Truter, die bestuurder van die restaurant Proviant op Griekwastad, sê sy was Vrydag omstreeks 18:45 op die restaurantstoep toe ’n wit dubbelkajuitbakkie voor die polisiekantoor stilhou.

“Ek het dadelik gesien daar is groot fout. Die seun was net in sy swart rugbybroek geklee en het baie getraumatiseerd gelyk,” sê Truter.

“Ek het ’n glas suikerwater gemaak en oorgestap om te hoor of ek kan help.”

Sy sê nadat die seun (Don) aan polisielede gesê het sy gesin is geskiet, het hy opgestaan en uit die polisiekantoor gehardloop.

Hy het ’n .22-geweer en ’n .357 Magnum-rewolwer uit die bakkie gehaal.

Toe hy die vuurwapens aan die polisie oorhandig, het hy glo gesê hy het dit by die plaashek opgetel nadat hy by die plaashuis uitgehardloop het, in die bakkie gespring en dorp toe begin jaag het.

“Toe ek vir hom die suikerwater gee, was hy besig om bloed van sy bene af te was,” sê Truter.

“Hy het vir my gesê: ‘Tannie, dis my suster se bloed. Sy is in my arms dood.’?”

Truter het Don daarna na die restaurant geneem en haar baadjie vir hom gegee om homself mee warm te hou.

“Hy het heeltyd gevra: ‘Wat gaan ek doen? Hoe gaan ek aangaan?’

“Hy het gesê sy pa het hom alles geleer,” sê Truter.

Volgens Truter was die dorp se polisie binne 15 minute in koeëlvaste baadjies op pad na die plaas.

Sy sê ’n uur later het ’n helikopter rondgevlieg en talle polisiebeamptes van Kimberley het kom help.

Mnr. Christo Boshoff, ’n familievriend van die Steenkamp-gesin, sê hy is baie geskok.

“Die kinders het in die week by ons oorgeslaap en ons gesinne het gereeld saam gekuier.

“Hulle was normaal en baie gelukkig, ’n baie hegte familie,” sê Boshoff.

Don het Vrydagaand by sy pa se neef mnr. Andries Steenkamp oorgeslaap.

Hy is gistermiddag byna twee uur lank in die polisiekantoor ondervra.

Volgens die radiostasie OFM is Don met rooigehuilde oë daar uit en is hy deur familie en vriende omhels.

“Ons weet nog nie of enigiets gesteel is nie, want al persoon wat dit sal kan sê, is die seun en hy was nog nie weer terug na die plaas toe nie,” sê Swart.

Swart sê hy kan nie onthou of daar al ooit ’n soortgelyke voorval in die gebied was of wanneer laas daar ’n plaasaanval in die Noord-Kaap was nie.

Die nuus van die moorde het soos ’n veldbrand op sosiale netwerke versprei.

Duisende mense het hul skok en meegevoel uitgespreek.

Een van Don se skoolmaats, Ruann Gerber, het op Facebook geskryf: “Hoe, sê my net hoe trek jy die sneller 3 keer, op 3 onskuldige mense? Jou flippen lafaard!! Ek hoop jy word gevang en gemartel soos in die ou dae! Dink aan die Steenkamps – ons bid vir julle!”

Rapport verneem Deon Steenkamp het ’n paar plase besit en met kleinvee geboer. Sy vrou het ’n suksesvolle onderneming van die plaas bedryf. Dié onderneming, Scrumptilicious, het koekies aan supermarkte verskaf.

Marthella was ’n gr. 9-leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein.

binne rapport

Weer
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 1-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-15°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 8-18°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Civil Engineer

Western Cape
Communicate Cape Town Engineering
R350 000 - R500 000 Per Year

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Specialist Resource
R500 000 - R550 000 Per Month

Costing Manager- Mining

Gauteng
Communicate Specialist Resource
R600 000 - R700 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!