Seun skryf roman op 13

2012-12-22 13:58

Xander Grobbelaar met sy boek. | Foto: Bongiwe Gumede

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy hou nie van sonlig nie, hy dra nie ’n hemp as die knopies nie tot bo toe is nie en hy duld nie dat mense aan hom raak nie.

As Xander Grobbelaar van Richardsbaai nie verlede jaar uit sy skool geskors is nie, sou hy nooit op 13 sy eerste roman die lig laat sien het nie.

Hy het aspergersindroom, ’n matige vorm van outisme, wat dit onder meer vir hom moeilik maak om emosies uit te druk en te verstaan.

Die pad na sy eerste boek, Probability Factor, het begin toe hy ’n juffrou met ’n potlood gegooi het.

“Xander is baie presies en onthou alles,” sê sy ma, Cindy.

“Daar was ’n woord in sy toetsvraestel wat hy nie verstaan het nie. Die juffrou het vir hom gesê sy sou die woord ná die toets verduidelik. Sy het dit nie gedoen nie en Xander wou nie die vraestel vir haar gee nie. Hy het haar met ’n potlood gegooi. ’n Tugverhoor is gehou en hy is geskors.”

Cindy meen die skool sou anders opgetree en Xander baie trauma gespaar het as hulle meer kundig was oor aspergersindroom.

Nou wonder hulle of dit dalk ’n bedekte seën was.

Xander, lankal ’n boekwurm, het ’n week lank ná die voorval by die huis gesit en toe vra sy ma hom om oor sy gevoelens te skryf.

Die resultaat is ’n futuristiese roman van by die 300 bladsye met die wêreld ná aardverhitting as tema. Toe hy byna klaar was, het sy ma ontdek sy “terapie” het ’n boek geword.

Sy vat toe die manuskrip na ’n uitgewer, wat dit opgeraap het.

Xander sê die karakters in die storie is geskoei op mense wat hy ken – hy het net hul name en persoonlikhede ’n bietjie verander.

Probability Factor is ook nie sy laaste boek nie. “Ek is amper klaar met my tweede boek en het reeds vier hoofstukke van die derde een geskryf. My uitgewer het vir my wenke gegee oor hoe om my eie karakters te ontwikkel.

“Dit is glad nie so moeilik nie. Ek het baie van my idees uit ander boeke gekry en het op dié manier geleer.”

Xander begin volgende jaar by ’n spesiale skool in Johannesburg vir kinders hoogs begaafd in wiskunde en wetenskap. Hy hoop om vriende by dié skool te maak wat hom beter verstaan.

Pieter van Vuuren van Africanpublishers.com, Xander se uitgewer, sê dié jong skrywer het die pad in letterkunde vir ander met aspergersindroom oopgekerf.

“Mense met dié sindroom word nie gesien as kreatiewe mense nie.

“Ek dink dit is onwaar. Hulle is kreatief, maar nie soos ander mense nie.”

Van Vuuren sê dit het ongeveer ’n jaar geneem om Xander se storie in ’n boek te omskep.

Omdat mense met aspergersindroom anders reageer op emosie, moes hy oefeninge ontwikkel om Xander se skryfstyl te verbeter.

“Dit was vir hom moeilik om karakters met emosie te ontwikkel. Die storie is baie eerlik en vol gevoel. Dit was vir my ’n groot eer om saam met hom te werk.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Martha Dean sê... Maka Drama, dis nou net waar jy die pot heelemal missit. Een saam met God is altyd die 'majority' Ek is eerder alleenig aan God se kant as saam met biljoene mense. Jy ken nie van Ichabod nie en mag ons dit nooit belewe nie. Die ACDP mag vir jou klein lyk, ons is immers 'getrain' Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-17°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Intermediate Java Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

BI Developer (Intermediate ? Senior)

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Project Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.