Siener se Pandora 'n 'stripper'

2009-09-05 11:07

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Min mense weet Niklaas (Siener) van Rensburg se dogter Pandora was ’n danseres wat tydens die Anglo-Boereoorlog in ’n skrapse rokkie en volstruisvere voor Boeretroepe gedans en vuil grappe vertel het.

En in die woorde van die kunstenaar Peter Engblom, wat dié rare geskiedenis opgeteken het: “Die kommando’s het in hul menigtes na haar vertonings gestroom totdat sy die warmste stuk van Pretoria tot Potchefstroom was. Die vraag na kaartjies was sodanig dat sy selfs ’n spesiale vertoning vir pres. Paul Kruger en sy generaals in die stal agter die presidentswoning gehou het.”

Die vernaamste redes dat so min mense dié geskiedenis ken, is omdat dit nooit gebeur het nie.

Engblom het dit uit sy duim gesuig en opgeteken as deel van ’n kabaretvertoning en kunsuitstalling wat hy die laaste maande gehou het.

Tog is hy verstom hoeveel mense glo dié storie is die reine waarheid. “Baie mense ken nie eintlik dié geskiedenis nie. Hulle glo enige blêrrie ding wat jy vir hulle vertel.”

Dit het begin toe Engblom ’n paar YouTube-video’s van burleske-danse gekry en vroue in sy tuisdorp, Clarence, geleer het om dié danse na te doen. Hulle het ’n kabaretvertoning op die planke gebring en dit Pandora’s Box genoem, met as hoofkarakter Pandora van Rensburg, ’n dogter van die beroemde Siener.

Later het hy met foto’s van die vroue (insluidend ’n paar kaalbasfoto’s) ’n uitstalling in die
David Brown-galery in Johannesburg gehou.

En tot sy verbasing het mense begin glo dit is ware geskiedenis. “Die reaksie was ’n bietjie van alles. Aanvanklik was party mense gatvol omdat hulle gedink het ek spot met hul taal. Maar dinge het later rustiger geraak.”

Die fotograaf Paul Alberts was een van die mense wat na Engblom se vertoning gaan kyk het. “Ek het vir hom gesê Siener van Rensburg is vir baie mense ’n ikoon en as hy gaan spot, met kaalfoto’s en so aan, soek hy moeilikheid.” Toe Alberts egter die vertoning gaan kyk, het hy gesien dit is ’n kabaret.

“Dit was eintlik baie goed.”

Veral Engelse kykers wat nie die geskiedenis van Siener van Rensburg ken nie, maak glo die fout om te dink dit kan ware geskiedenis wees.

“Dit is eintlik postmoderne kuns,” sê Engblom. “Maar dit steek ook die draak met mense.”

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

louis.heydenrych sê... Vrygelaat op parool omdat hulle swart is . Die Boeremag lede is al agt jaar in die tronk en die saak is nog steeds nie afgehandel nie omrede daar nie genoegsame bewyse is nie . Het geen moord gepleeg nie maar word aangehou en mens kan verstaan hoekom hulle probeer ontsnap . Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.