Simone 'n wenner!
2010-03-13 23:20
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Noem haar die mooie “gravin”!
Lesers het Simone Graaff (18) met ’n oorweldigende meerderheid per SMS gekies as die jongste maandwenner in die 2010 Rapport-modelkompetisie.
Dié voltydse model, Sharks-ondersteuner en buitelugliefhebber van Uvongo in KwaZulu-Natal is die vyfde maandwenner in die kompetisie.
Sy is inderwaarheid dus “Mej. Mei 2011”, aangesien ’n 2011-glanskalender einde vanjaar van die 12 mans- en vroue-maandwenners saamgestel gaan word.
En die eerste weekwenner in die volgende been van die kompetisie is Charlsey van der Heyde (23) van Somerset-Wes in die Kaap (foto hiernaas).
Dieselfde stemproses waar daar per SMS uit drie vroulike weekwenners gekies moet word, sal hom oor die volgende sewe maande herhaal.
Ná afloop van die kompetisie kan lesers in Oktober die laaste keer per SMS stem om ’n algehele vroue- én manswenner aan te wys.
Op die uiteindelike vrouewenner wag ’n vakansie van ’n leeftyd in Hollywood. Behalwe die vliegkaartjies Los Angeles toe, sluit die prys ses aande se verblyf in die vyfster- Le Montrose-hotel in.
Altesame 40?supersterre se paleisagtige huise in Beverly Hills en Bel-Air sal ook per luukse bus besigtig word, daar is ’n besoek aan Universal Studios en nog vele meer.
’n Rapport-paneel wys elke maand die manswenner aan, en dié 12 vroue- en mansmaandwenners word einde vanjaar deur Rapport se fotograwe by ’n eksotiese bestemming afgeneem vir die 2011-glanskalender.
Op die manswenner van die 2010 Rapport-modelkompetisie wag ’n splinternuwe Volkswagen Citi?Mk1 1.6i van ’n beperkte opgawe van 1?000 motors. Elk van dié motors het ’n unieke reeksnommer.
Maak só om vir die modelkompetisie in te skryf:;?Stuur per e-pos twee model-foto’s na modelle@rapport.co.za.
- Verskaf saam met die foto’s jou naam, geboortedatum, adres en kontaknommers.
Die belangrikste reëls is:
- Deelnemende modelle moet ouer as 18 wees;
- Vrouemodelle moet swemdrag of onderklere dra en mans swemdrag;
- Die beoordelaars se keuse is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie;
- Rapport se fotograwe sal jou kontak as jy ’n wenkandidaat is; en
- Jy sal ’n volledige inskrywingsvorm moet invul en onderteken.
- Rapport