Skok oor krok (x 15 000!)

2013-01-27 00:01

Dit is een van die krokodille wat Vrydag op die Rakwena-wildplaas gevang is. Foto: Nicolene Olckers

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Krokodilboer van die Rakwena-wildplaas in Pontdrif in Limpopo kners op sy tande wanneer hy vertel van sy slaaplose nagte nadat sowat 15 000 van sy krokodille onlangs weens ’n fratsvloed in die Limpopo­rivier afgespoel het.

Johan Boshoff sê daar is boonop nie genoeg kundige hande om die reptiele te vang nie.

Volgens Boshoff is dit die eerste keer in die 18 jaar wat hy hier boer dat so iets gebeur. Hy is veral bekommerd oor die talle vlugtelinge van Botswana en Zimbabwe wat daagliks die rivier na Suid-Afrika oorsteek, asook die veiligheid van inwoners aan die rivieroewer.

“Ek vrees dat die krokodille mense gaan vang.

“’n Krokodil is ’n krokodil en as hy honger is, gaan hy mense byt.”

Boshoff kon nie bevestig presies hoeveel krokodille reeds teruggevind is nie, maar reken “duisende van hulle is nog in die Limpoporivier en omliggende gebiede”.

Die grootste krokodil op die Rakwena-plaas is ’n bielie van sowat 5 m.

Volgens ’n polisielid van Musina is die menigte vermiste krokodille ’n groot bron van kommer, veral omdat daar nie genoeg mense is wat weet hóé om die reptiele te vang nie.

Tydens Rapport se besoek het van die werkers drie krokodille gevang.

Nege mans moes een krokodil na sy hok dra.

’n Plaaswerker sê dit is moeilik om ’n krokodil te vang.

“?’n Krokodil is baie sterk. Ons moet hom met ’n skokstok verlam, anders sal ons hom nooit kan vang nie.

“Daar is nie ’n ander manier nie. As jy op ’n krokodil spring en hom so probeer vang, gaan hy aan jou hap en verskeur.

“Wanneer hy stil is nadat ons hom geskok het, bind ons sy bek met tou of kleefband vas.

“Daarna bind ons sy pote vas sodat hy nie rondbeweeg nie.”

Boshoff sê die krokodille wat weggespoel het, kos miljoene rande.

Lt. Peter Madua, polisiewoordvoerder van Musina, sê die polisie is veral bekommerd dat van die krokodille vlugtelinge van Zimbabwe en Botswana sal verskeur.

“Ons hou die situasie fyn dop. Daar was gelukkig nog geen voorvalle waar die krokodille mense gebyt het nie.

“Die eienaars van die plaas werk elke dag om krokodille te vang.”

Adele du Toit en Dale Hes berig uit Nelspruit ’n motoris van hiér het hom asvaal geskrik toe hy op ’n krokodil van 2,5 m lank afgekom het.

Rudi Cronjé, ’n goudsmid, was op pad terug Nelspruit toe ná ’n besoek aan sy ouers in Barberton toe hy die oggend ’n erg beseerde reptiel in die pad gesien het.

Die krokodil het ’n sny aan sy regterkant gehad.

Cronjé vermoed die dier is enkele oomblikke voordat hy op hom afgekom het deur ’n ander motor getref.

“Die krokodil het probeer om van die pad af te kom, maar ek kon sien hy is in pyn,” het Cronjé gesê.

Die Barberton-Nelspruit-pad is bekend vir krokodille.

Die afgelope twee jaar was daar meer as 30 waarnemings van die reptiele in die gebied en selfs ’n geval waar ’n krokodil dood is nadat hy deur ’n vragmotor raak gery is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Dis baie mooi werk, maar nou het julle sy loon gesteel, deur dit alles uit te bassuin vir almal om te sien en hom te prys! Vader se, doen jou goeie dade dat jou regterhand nie weet wat jou linkerhand doen nie, dan sal jou loon groot wees, maar, basuin dit uit en jy het jou loon gehad: Mat 6:1 Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie. Mat 6:2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geeer kan word nie. Voorwaar Ek se vir julle, hulle het hul loon weg. Mat 6:3 Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, Mat 6:4 sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde. Sterkte aan die mense wat help daar, dit is 'n bitter stryd, hou moed en bly sterk in jul Skepper se Naam! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Courier Sales Executive

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Tax manager

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R600000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.