Skok-prente oor rook kan op sigaretboksies verskyn

2009-09-05 14:34

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jou dampie kan jou nou nóg duurder te staan kom.

Rokers word in die openbaar én by die huis strenger vasgevat deur rookwetgewing wat onlangs deur die pres. Jacob Zuma onderteken is.

Voor die einde van die jaar kan regulasies ook goedgekeur word wat ontstellende grafiese waarskuwings op sigaretpakkies verpligtend maak.

Die regulasies word nog deur die departement van gesondheid gefinaliseer om te verseker Suid-Afrikaners verstaan die waarskuwings, wat reeds met groot sukses in ander lande gebruik word.

Dr. Yusuf Salooyee, uitvoerende direkteur van die Nasionale Raad teen Rook, sê wetgewing sal sodoende nie net kinders en nie-
rokers beskerm nie, dit sal rokers ook help om beter keuses uit te oefen.

Volgens hom slaag die tabakbedryf al jare daarin om rokers ’n rat voor die oë te draai met terme soos “matig” en “lae teerinhoud”. Ingevolge die voorgestelde nuwe regulasies sal sulke misleidende terme nie meer toegelaat word nie.

Salooyee sê met die nuwe wetgewing sal kinders beskerm word en dit is een van die grootste voordele daarvan. “Veral omdat sekondêre rook so skadelik is vir kleiner kinders.”

Dit is sedert einde verlede maand onwettig om ’n dampie te maak met ’n kind jonger as 12 in jou motor. Kinders jonger as 18 word nie toegelaat in rookplekke in restaurante nie. Rook is verbode in ’n huis waar kinders onderrig word – as dit byvoorbeeld as ’n créche gebruik word of naskoolse klasse daar aangebied word.

Volgens Saloyee het die tabakbedryf ook aangehou om produkte onder veral jong mense te bemark, ondanks vorige wetgewing wat dit beperk het. Hy noem byvoorbeeld glansryke partytjies waar sigarette gratis uitgedeel word. Die nuwe wetgewing maak dít onwettig.

Salooyee meen nie-rokers sal veg om hul reg op skoon lug en daarom hoef die toepassing van die wetgewing nie net aan die polisie oorgelaat te word nie.

In ’n onlangse opname van die maatskappy Nicorette is bevind 40% van rokers oorweeg dit om op te hou weens wetgewing oor rook in openbare plekke en die verbod op rookadvertensies.

) Nie almal is egter ewe opgewonde oor die nuwe rookwetgewing nie.

Mnr. Mike Waters, die Demokratiese Al-
liansie se woordvoerder oor gesondheid, meen hoewel die nuwe wetgewing goed is, is daar ander gesondheidskwessies wat dringender aandag benodig. “Die gehalte van die openbare gesondheidsektor en die tekort aan dokters en verpleegsters behoort boaan die regering se agenda te wees.”

In ’n debat hieroor op die webwerf van EastCoast Radio in Durban het talle mense ook gesê die regering kan eerder sy energie bestee om sake soos misdaad, armoede en werkloosheid te bekamp. “Ons behoort baie meer beskerming te kry teen misdadigers as teen rokers. Los die rokers uit,” skryf iemand.



Wat sê die nuwe rookwet nog?

) Niemand mag eet- of speelgoed verkoop wat soos sigarette lyk nie.

) Handelaars mag nie verkoop-outomate hê waar sigarette saam met ander goed gekoop word nie en hulle moet toesien dat kinders onder 18 nie die outomate gebruik nie.

) Rook buite geboue word beperk waar groot groepe mense bymekaar kan kom.

) Werkgewers moet verseker dat hul werkers rookvry deur die dag kan gaan.

) Tabakmaatskappye mag nie meer elektroniese media of die poskantoor inspan om hul produkte te bemark nie.

) Sigarette mag nie goedkoper verkoop of gratis verskaf word nie.



Só lyk die boetes:

) R500 as jy rook in enige rookvrye gebied.

) R50 000 vir restaurant-eienaars wat rook in die rookvrye deel toelaat.

) R100 000 vir werkgewers wat nie hul werkers teen rook beskerm nie.

) Tot R1 miljoen vir tabakmaatskappye wat advertensiewetgewing oortree.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-18°C Sunny. Mild. Pta: 2-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-15°C Sunny. Cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-23°C Sunny. Mild. PE: 8-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

E-Commerce Manager

Western Cape
Standing Tall: Recruitment And Advisory a division of Purple Cow Adventures

Engineering Apprentice - Hydraulics and Mechanical

Gauteng
Arctech Engineering/Arctech Hydraulics
R3 000 - R3 500 Per Month

SALES REPRESENTATIVE

Gauteng
A AND L MATERIALS HANDLING (PTY) LTD
R8 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Good Morning, Mr Mandela van Zelda la Grange

Good Morning, Mr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuiginge, vooroordele en alles waarin sy eens geglo het verander is deur die grootste man van haar tyd. Nou R221. Plaas jou voorafbestelling nou!

Bespaar 25% op die gewildste 25 boeke!

Kry 25% afslag op die topverkoperboeke, wat insluit Low-Carb Living for Families, The Book Thief, How to Train Your Dragon en nog baie meer. Koop nou!

Tot 60% afslag met die opruimingsverkoping!

Bespaar tot 60% op toestelle, boeke, elektroniese ware, speelgoed, flieks en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe Afrikaanse uitreikings

Sien jy uit na die nuutse Afikaanse titels? ’n Vuurwarm verskeidenheid boeke is beskikbaar by kalahari.com. Bestel nou!

Good Morning, Mr Mandela van Zelda la Grange

Good Morning, Mr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuiginge, vooroordele en alles waarin sy eens geglo het verander is deur die grootste man van haar tyd. Nou R221. Plaas jou voorafbestelling nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!