Skokbewerings oor Terre’Blanche

2010-04-10 23:01

Die moontlikheid dat mnr. Eugène Terre’Blanche, AWB-leier, se moord verband hou met seks, word deur die polisie ondersoek.

Die hoof van die Valke in Noordwes, lt.genl. Jan Mabula, het gister aan Rapport bevestig dat dit deel is van hul ondersoek. “Ja, ons kyk daarna. Ons kyk na alles wat beweer word. Ons het ook beslag gelê op die twee verdagtes se klere.”

Maar die polisie sê ook bewerings gister in koerante dat ’n kondoom op die toneel gekry is, is onwaar. “100% nee, nee nee,” sê kapt. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder.

Luidens berigte is ’n gebruikte kondoom op die toneel gevind en word beweer dat Terre’Blanche en die verdagtes ’n seksuele verhouding kon gehad het.

Mabula sê hy was kort ná die moord self op die toneel en het geen kondome gesien nie. Die nadoodse ondersoekverslag verwys ook nie daarna nie, sê hy.

Luidens die klagstaat staan die twee verdagtes, mnr. Chris Mahlangu (27) en ’n 15-jarige, tereg op onder meer ’n aanklag van crimen injuria: “Die beskuldigdes het onwettig en opsetlik die broek van Eugène Ney Terre’Blanche afgetrek en sy private dele ontbloot met die doel om hom te beledig of om sy eer aan te tas.”

Verhale van Terre’Blanche as ’n wrede man wat wit en swart werkers op sy plaas mishandel het, is aan Rapport vertel. Mnr. Rynardt van Zyl (20) en ’n 17-jarige straatkind sê Terre’Blanche het hulle met ’n sweep geslaan as hy dronk was. (Lees ook die berig op bl. 4.)

Die polisie is oorval met moontlike motiewe vir die moord, asook ander bewerings teen Terre’Blanche.

Tydens sy begrafnis Vrydag het die ondersoekspan drie van sy voormalige werknemers, van wie minstens twee minderjarig is, in Ventersdorp ondervra. Die polisie het bevestig bewerings is gemaak van onder meer ’n wapen­arsenaal op sy plaas en dat kopbene en beendere op die plaas begrawe is, maar daar is teenstrydighede in die mans se verklarings. Hulle kon ook nie aandui waar die wapens en beendere glo begrawe is nie. Die polisie sê die plaas bly ’n misdaadtoneel.

’n Gemeenskapsleier van die township Tshing sê hulle is bekommerd die polisie gaan die bewerings nie verder ondersoek en opgrawings op die plaas doen nie. Volgens hom is vuurwapens en handgranate glo op ’n koppie op die plaas versteek. Hy het vir Rapport gaan wys waar die koppie is. Dit is binne loopafstand van die plaashuis.

Rapport verneem die polisie moes hul Woensdag na Ventersdorp haas om ondersoek in te stel na die dood van Terre’Blanche se huishulp, me. Rosie Nsako, op 29 Maart vanjaar. Sy is Donderdag begrawe. Bewerings is uit verskeie oordegemaak dat sy op Terre’Blanche se plaas vermoor is. Die ondersoek het egter bevind sy het in Ventersdorp langs die pad inmekaargesak en is ’n dag later in ’n hospitaal op Klerksdorp dood.

Rapport het ook verneem dat ’n tienerseun, wat lid is van die AWB en gereeld by Terre’Blanche op die plaas gekuier het, na ’n plek van veiligheid geneem is. Die kind se oom sê hy weet nie waar die kind is nie en ook nie van vermoedens dat die kind sek­sueel misbruik is nie.

Rapport se susterskoerant City Press berig mnr. Steyn van Ronge, nuwe AWB-leier, sê oor die bewering dat dié seun in Terre’Blanche se arms gelê het wanneer hy by hom op sy plaas oorgeslaap het: “Hy (Terre’Blanche) was jammer vir hom omdat sy ouers geskei is.”

Die AWB het gister in ’n sterk bewoorde verklaring allerlei bewerings wat rondom Terre’Blanche se dood ontstaan het, ontken.

Mnr. André Visagie, sekretaris-generaal van die AWB, het onder meer gesê Terre’Blanche het nie die oggend van sy dood sy hartmedi­syne gedrink nie en sou dus nie die energie gehad het om iemand te verkrag nie. Die AWB het mense versoek om die dood te respekteer en gedreig met regsoptrede teen enigeen wat vals gerugte versprei.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
253 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.