Skole: Baie woon nie by

2013-01-05 23:22

Al is dit wetlik verpligtend, gaan honderdduisende Suid-Afrikaanse kinders nie skool nie.

Skokkende syfers uit die sensus van 2011 onthul in Kwa­Zulu-Natal alleen kry 106 830 kinders van 7 tot 15 jaar oud geen onderrig nie.

Ingevolge die Skolewet moet kinders van dié ouderdom by ’n skool ingeskryf wees.

Hulle mag die skool verlaat wanneer hulle 16 word of gr. 10 voltooi het.

Die wet word oor die land heen verontagsaam.

KwaZulu-Natal se syfer, wat 5,75% van die kinders in dié ouderdomsgroep in dié provinsie verteenwoordig, is die hoogste.

Van die individuele syfers wat met die insameling van die sensusdata veral opgeval het, was die 20,96% van Kwa Sani, ’n distrik in KwaZulu-Natal, waar 1?598 kinders in dié ouderdomsgroep nie skoolgaan nie en die Wes-Kaapse Kannaland waar 15,36% van die gebied se ­4 140 kinders in dié ouderdomsgroep nie skoolgaan nie.

Dit is onduidelik hoeveel van die kinders nooit skool bygewoon het nie en hoeveel ná ’n paar jaar uitgesak het.

Intussen heers daar ook, ná die afgelope week se bekendmaking van die matriekuitslae, groot kommer oor die groot klomp leerlinge wat nie hul skoolloopbane voltooi nie.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê die regering verskerp maatreëls om die land se uitsaksyfer te verlaag.

Sy sê haar departement het vasgestel dat wanfunksionele gesinne een van die grootste redes is waarom kinders skole in die laer grade verlaat.

Nog ’n rede is gestremdhede by kinders. Sy erken die regering gee nie genoeg aandag aan leerlinge met spesiale behoeftes soos doofheid en blindheid nie.

Motshekga sê die regering kan ouers wat hul plig versuim om kinders op skool te hou, in hegtenis laat neem, maar sy verkies maatskaplike ingryping omdat die kinders deur hul gesinne ondersteun moet word.

“In sommige gevalle bepaal regulasies dat leerlinge geskors is as hulle drie weke weg van die skool is. Dit is die soort goed wat ons probeer regstel.

“As so ’n kind terugkeer skool toe, moet hulle eerder bygestaan word.”

Vakbonde en ’n nie-regeringsorganisasie het die afgelope week aan Rapport gesê hulle is in hul noppies met die matriekslaagsyfer van 73,9% (in 2011 was dit 70,2%), maar dat die uitsaksyfer die groot kommer bly.

Statistieke van die drukgroep Equal Education (EE) wys dat 551 837 matrikulante verlede jaar matriekeksamens geskryf het uit die sowat 1,1 miljoen leerlinge wat in 2001 vir gr.?1 ingeskryf is. Sowat 1 miljoen van dié leerlinge was nog tot in gr. 10 in die skoolstelsel.

Doron Isaacs, adjunk-hoofsekretaris van EE, sê daar is verskillende verduidelikings vir die hoë uitvalsyfer.

Een hiervan is dat jeugdiges nie die band tussen matriek en beter lewensomstandighede sien nie omdat werkgeleenthede ná matriek nie gewaarborg is nie.

“In Suid-Afrika word ook ’n groot ophef gemaak van skole se matriekslaagsyfer en dit plaas skoolhoofde onder druk.

“In sommige skole word leerlinge wat swak vaar in gr. 10 en gr. 11 (na bewering) agtergehou om nie die skool se matriekslaagsyfer die volgende jaar te verswak nie.

“Baie leerlinge word ook as deeltydse leerlinge ingeskryf en het sodoende nie ’n uitwerking op ’n skool se matriekslaagsyfer nie. Dit is ’n baie kommerwekkende verskynsel.”

Isaacs sê baie skole skuif ook leerlinge van wiskunde na wiskundige geletterdheid, wat ook tot hoër slaagsyfers lei, maar niks vir leerlinge beteken ná skool nie.

Mugwena Maluleke, hoofsekretaris van die vakbond Sadou, sê dit is duidelik dat die departement van onderwys nie ’n strategie of navorsingsentrum het om die uitvalkoers van leerlinge te monitor nie.

“Dit is vir ons ook ’n groot bron van kommer en ons het dit al telkemale geopper. Dit is tyd dat ons as belanghebbendes vorendag moet kom met duidelike ingrypingsmeganismes om die uitvalsyfer te stop. Ons gaan voortaan spesifiek hierop fokus.”

Maluleke sê daar is geen tasbare bewyse dat skole gr. 10- en gr. 11-leerlinge terughou vir goeie matriekslaagsyfers nie.

“Ons hoor daarvan, maar daar moet bewyse wees om stappe te kan doen.”

Basil Manuel, president van die onderwysvakbond Naptosa, stem saam dat die uitvalsyfer kommerwekkend is.

“Ons groot uitdaging is om die presiese redes vir die uitvalsyfer te vind. Dit is egter die departement se verantwoordelikheid om meganismes in te stel om dié syfer te beperk.”

Die departement het nie op navrae gereageer nie.

– Andrew Trench, Jeanne van der Merwe, Sabelo Ndlangisa, Sipho Masondo en Llewellyn Prince

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Jj Kemp sê... Latter Rainer, hoekom bly jy nie liewers stil nie, want jy het nie die vaagste benul waaroor die situasie gaan in Duitsland nie. Almal wat hier kommentaar gelewer het, kom ons bid vir hierdie man, want lastering teen die Kerk en Sy gesalfdes kan hom duur te staan kom! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.