Skones stamp kop

2012-12-29 23:17

Justin Hoffman (22) en Mimi Reyneke (52).

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Hartebreker (22) het verlede naweek ’n nag in die polisie­selle deurgebring nadat die neus van sy vriendin (52), ’n ouma en voormalige Mev. Suid-Afrika-finalis, in ’n stryery gebreek is.

Die Pretorianer, Justin Hoffman, Mnr. Wes-Kaap, en sy vriendin van 12 maande, Mimi Reyneke, het in haar huis in Durbanville stry gekry nadat Hoffman die aand uit was.

Reyneke is ’n gewese Mev. Wes-Kaap en Mev. Suid-Afrika-finalis en het ook skoonheids­titels in die Amerikaanse deelstaat Arizona verower, het sy trots aan Rapport vertel.

Hoffman het volgens Reyneke verlede Vrydagaand dronk by die huis opgedaag.

“Hy het op my geskree en gevloek en my kleinkind, wat met ’n hartprobleem sukkel, voor die bors gestamp en my met die kop gestamp dat my neus gebreek het.”

Haar bewyse hiervoor is die foto hiernaas wat intussen by die polisie ingedien is.

’n Doktersverslag wat in Rapport se besit is, meld ’n “vermoedelike neusbreuk”.

Sy het die polisie ontbied, wat Hoffman weens beweerde huishoudelike geweld in hegtenis geneem en in die Durbanville-polisieselle toegesluit het, waar hy die nag deurgebring het.

Hy is Saterdagaand op borgtog van R300 vrygelaat en sy saak is Maandag deur die landdros uitgegooi. Reyneke hoop die indien van bewyse by die polisie sal daartoe lei dat hy aangekla word.

Hoffman, wat gemeenskapsdiens doen terwyl hy die provinsiale skoonheidskroon dra, het by navraag gesê dit was ’n fratsongeluk.

“Ek het haar gesê: ‘Hoor hierso, ek slaan jou sommer met die kop.’ My kop het haar toe per ongeluk geraak. Daar is nie ’n merkie op haar nie.”

Juanita Smit, direkteur van Role Models SA, het by navraag gesê indien enige titelhouer in hul skoonheidskompetisies skuldig bevind word aan aanklagte van aanranding of huishoudelike geweld word hulle van hul titel gestroop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Jj Kemp sê... Latter Rainer, hoekom bly jy nie liewers stil nie, want jy het nie die vaagste benul waaroor die situasie gaan in Duitsland nie. Almal wat hier kommentaar gelewer het, kom ons bid vir hierdie man, want lastering teen die Kerk en Sy gesalfdes kan hom duur te staan kom! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.