Skool, ouers koop self boeke

2012-10-13 23:19

Soaka Lerutla, Thabo Selelo, Innocent Chauke en Katlego Makuya van die Mohlakamotala High School is van die gelukkige gr. 10-leerlinge wie se skool gesorg het die handboekkrisis benadeel hulle nie.| Foto: FRANCO MEGANNON

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die nasionale departement van basiese onderwys kry ’n volslae druipsyfer vir die aflewering van handboeke in Lim­popo vanjaar, maar daar is skole wat nie toegelaat het dat hul leerlinge daaronder ly nie.

Een van dié skole is die Mohlakamotala High School buite Modimolle (Nylstroom). Dít is danksy ervare en toegewyde onderwysers, sê Harry Malan, ’n lid van die beheerliggaam wat tot middel laas jaar skoolhoof hier was.

Vrydag was die hooggeregshof in Pretoria se sperdatum aan die departement vir die aflewering van vanjaar se nuwekurrikulum-handboeke (Caps) vir gr. 1, 2, 3 en 10 in Limpopo.

Teen Donderdag het Mohlakamotala sowat die helfte van sy vakke se boeke van die departement ontvang.

Twee vakke se boeke is in Februarie afgelewer, vier in Junie, een in Julie en nog een eers die afgelope week.

Die skool het egter danksy onder meer inkomste uit sy private koshuis self handboeke gekoop. Die ouers is ook versoek om enkeles te koop en onderwysers het ook ou handboeke gebruik.

“Die gr. 10’s se werk is op datum, ons het nie ’n inhaalprogram nodig nie,” sê Malan. Hy sê handboeke is nie hul grootste probleem nie. “Sonder ’n handboek kan ’n mens nog ’n plan maak, maar sonder ’n onderwyser nie.”

Vyf vyf van die skool se 19 poste is vakant, waaronder die hoofpos.

By ander Limpopo-skole wat Rapport besoek het, is die gebrek aan boek-aflewering ook net een van talle probleme.

By ’n hoërskool waar die meeste ouers seisoenale plaaswerkers is met ’n maandelikse salaris van sowat R1 000, was vier vakke se boeke Donderdag uitstaande. Onderwysers het wel handboeke gekry. “Wanneer ons geld vir papier het, fotokopieer ons die belangrikste werk,” sê ’n onderwyser.

Gr. 10-leerlinge het in die onlangse vakansie ekstra klasse gekry, maar volgens ’n onderwyser kan van die gr. 10-werk eers in gr. 11 kan aandag kry.

By ’n laerskool in ’n landelike gebied hou onderwysers baie van die nuwe werkboeke vir leerlinge, maar die boek vir die eerste twee kwartale was laat.

“Ouers hier het nie tydskrifte of ander hulpbronne in hul huise nie.”

Groot leesboeke vir onderwysers is in Junie afgelewer, maar klein leesboekies vir leerlinge eers die einde van die derde kwartaal, en toe boonop te min.

Die departement het nie ’n inhaalprogram vir gr. 1 tot 3 nie. Die skool wil deur ’n langer skooldag werk inhaal.

Die departement het Vrydag gesê alle boeke was teen Donderdag afgelewer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Louis Venter sê... Morne Steyn en Jano Vermaak no. 1. Ag asseblief!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 18-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.