Skoolmaats onthou Johan Kotzé as laggend, doodgewoon

2012-01-21 23:12

Mnr. Johann Kotzé

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die “Modimolle-monster” was ’n doodgewone kind wat in ’n “goeie huis” grootgeword het.

So sê mense wat saam met mnr.­ ­Johan Kotzé aan die Hoërskool Wennie du Plessis in Gobabis, Namibië, skoolgegaan het.

Kotzé se enigste oorlewende familielede, sy susters mee. Anita Engelbrecht en Carina van de Venter, staan by hom ondanks sy beweerde gruweldade.

“Ek is Johan Kotzé se sussie en gee nie om wie dit weet nie. Ek is nie skaam vir hom nie,” skryf Engelbrecht op Facebook.

Sy sê sy is steeds lief vir hom.

“Jy sal saam met ons aan die tafel in die hemel sit. Ek weet God sal jou red. Here, wees asseblief al die veroordelaars genadig, hulle weet nie wat hulle doen nie. Help asseblief dat hulle nie die hemel mis weens dit nie,” skryf sy.

Mnr. Thinus Maritz sê uit Kaapstad hy was 13 jaar oud toe hy Kotzé en sy gesin op die plaas Vasbyt leer ken het.

Maritz sê hy kon nie fout in Kotzé se huishouding sien nie, maar onthou dat Kotzé aangeneem is deur oom Jan Kotzé en sy vrou, tannie ­Dora.

Rapport verneem Kotzé se biologiese ouers is oorlede toe hy baie jonk was en dat ’n vrou op Hentiesbaai hom versorg het totdat hy aangeneem is.

Maritz sê Kotzé se aangenome pa, ’n boer, was “soos enige ander pa” en sy aanneem-ma se hande het “vir niks verkeerd gestaan” nie.

“In die huis self was daar geen tekort nie. Anita, Kotzé se jonger suster, het selfs ’n nuwe Lowry-orrel gehad,” sê Maritz.

Mnr. Herman Strauss van Boksburg sê hy en Kotzé was van 1974 tot 1979 saam in die koshuis en op skool in Gobabis.

“Hy was maar ’n doodgewone kind soos almal, met stoute streke, baie lag en speel. Ons was nog net kinders wat in daardie tyd op ’n konserwatiewe, Godvresende wyse grootgemaak is.

“Waar dit skeefgeloop het, weet ek nie,” sê Strauss.

Die Kotzés het later na Prieska in die Noord-Kaap verhuis.

’n Gesinsvriend hier het aan Huisgenoot gesê Kotzé was ’n omstrede ­figuur op die dorp en die meeste mense het glo niks goed oor hom te sê nie.

Kotzé, wat die balju was, is destyds van moord aangekla, maar vrygespreek.

Dit hou verband met die skietdood van me. Bet Botha (64).

Kotzé se susters het op Facebook hul steun vir hom uitgespreek en het ook mense bedank vir hul meegevoel op die Facebook-blad van die Hoërskool Wennie du Plessis.

“Niemand wat nie self in sulke omstandighede is, sal weet wat dit is om daar te wees nie, en die slegste van alles is dat mens absoluut geen beheer daaroor het nie,” skryf Van de Venter.

Kotzé staan tereg op 17 aanklagte van onder meer moord en verkragting nadat hy op 3 Januarie sy vervreemde vrou, me. Ina Bonnette (42), glo na sy huurhuis in Modimolle (Nylstroom) gelok het waar sy deur drie van sy werkers verkrag is.

Kotzé het haar daarna glo ure lank gemartel voordat hy na bewering haar seun, Conrad (19), doodgeskiet het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
81 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.