Skoondogter vat FW hof toe

2012-09-03 05:57

Nicole (Noordien) en Willem de Klerk in gelukkiger dae.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Oudpres. FW de Klerk veg met alle mag om te keer dat sy geldsake en ander vertroulike inligting openbaar gemaak word in ’n onderhoudshofgeding rakende twee van sy kleinkinders.

’n Onderhoudseis van sowat R33 000 per maand is vroeër vanjaar deur sy skoondogter ­Nicole (Noordien) de Klerk teen hom ingedien. Sy is besig om van De Klerk se seun Willem te skei.

Die hooggeregshof in Johannesburg het Dinsdag ’n dringende aansoek van De Klerk goedgekeur om sy finansiële posisie vertroulik te hou.

Dit is toegestaan hangende ’n hersieningsaansoek in dieselfde hof oor ’n bevel van ’n Randburgse onderhoudslanddros dat hy sy geldsake moet blootlê.

Danksy dié hooggeregshof­bevel hoef De Klerk dus nie ­môre, soos die landdros vroeër beveel het, sy persoonlike inligting aan die onderhoudshof te openbaar nie.

Die oudpresident dra tans vrywillig elke maand nagenoeg R11 000 by tot sy twee kleindogters se onderhoud en skoolgeld.

Sy seun moet môre dieselfde landdroshof oorreed hy kan wel self die onderhoud betaal, verneem Rapport.

De Klerk sr. het die afgelope week toesprake in Ghana en Frankryk gelewer en kon nie self vir kommentaar bereik word nie.

Gerhard van Niekerk, prokureur van De Klerk & Van Gend in Kaapstad, het aan Rapport bevestig dié firma verteenwoordig die oudpresident in die aangeleentheid.

“Die kwessie van onderhoud vir die kinders is sub judice en daarom wil mnr. FW de Klerk nie kommentaar lewer nie.

“Die feit is dat die skoolgeld van die twee minderjarige dogters, sowel as ’n maandelikse toelae, tans deur ’n familietrust betaal word.”

Nicole de Klerk het aan Rapport gesê haar vervreemde man het bewys hy is “onstabiel en onbetroubaar” met die betaling van onderhoud.

“Die aangeleentheid moet nou ter wille van die kinders tot ’n einde kom,” sê sy.

“Hulle kan nie ’n onstabiele bron van inkomste hê nie. Ek vra net vir my kinders se basiese behoeftes. Hulle is nie ’n gewone familie nie en die grootouers kan bekostig om die kinders te onderhou. Hoekom mors hulle geld op drie advokate uit Kaapstad vir dié hofsaak? Dié geld kan tog eerder vir die kinders gebruik word? Weens ’n tekort aan geld moes my dogters al buitemuurse aktiwiteite prysgee.”

Hy het sedert sy seun se egskeidingsgeding begin het, geldelike bystand aan hom én sy kleinkinders verleen, voer De Klerk in hooggeregshofdokumente aan.

Dís uit die Fredek-trust gedoen, wat gestig is tot De Klerk, sy kinders en kleinkinders se voordeel.

Hy meen die bevel om sy persoonlike sake te openbaar is administratief onwettig.

Daarby is dit hersienbaar omdat daar ten tyde daarvan reeds ’n onderhoudsbevel teen sy seun was, voer hy aan.

Sover is daar boonop nog geen hofbevinding gemaak dat die ouers nie self vir die kinders kan sorg nie, sê De Klerk.

Die oudpresident sê die openbaarmaking van sy finansiële posisie sou sy reg op privaatheid én waardigheid skend, terwyl die hangende hersieningsaansoek moontlik suksesvol kan wees.

Volgens De Klerk is hy as gewese staatspresident onvermydelik ’n openbare figuur wat aanhoudend media-aandag trek met sy aktiwiteite en persoonlike omstandighede.

“Soos dit duidelik uit (aangehegde) e-pos-korrespondensie is, is ek reeds deur nuusverslaggewers om kommentaar oor dié aangeleentheid genader.

“Ek verwag dat my verskyning in die Randburgse landdroshof wyd gepubliseer sal word en dat die daaropvolgende bespiegelings ’n negatiewe impak op my privaatheid en reputasie kan hê.”

De Klerk sê totdat sy seun dit kan bekostig, sal die Fredek-trust voortgaan om vrywillig soos tevore sowat R10 900 per maand vir die kinders se onderhoud en skoolgeld by te dra.

Laurie Greyvenstein, ’n gesinsbemiddelaar en oud-onderhoudslanddros, sê grootouers kan ingevolge onderhoudswetgewing in sekere omstandighede aanspreeklik gehou word vir hul kleinkinders se onderhoud.

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Sunny. Mild. Bfn: 7-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 17-24°C Rain late. Morning clouds. Mild. PE: 12-19°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!