Skop eis seun: Ouers ‘sluit af’

2013-02-02 23:26

Willie en Lana Loots gesels oor hoe hy wil fondse insamel vir die Riaan Loots Sportstigting en die boek oor Riaan se lewe. | Foto: Danielle Karallis

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Ons het vir Riaan ’n kers opgesteek en toe kom die Gees oor ons om vir die ander man (Ben Zimri) óók ’n kers op te steek oor hy nog ’n pad moet stap.”

Willie en Lana Loots het eergister die stilte van die St. George-katedraal in Kaapstad opgesoek om ’n gebed vir Riaan te doen.

Riaan het in Junie 2006 gesterf nadat hy in ’n rugbywedstryd op Rawsonville deur Zimri, die kaptein van die Delicious-klub, teen die kop geskop is.

Terwyl die egpaar in gebed was, het ’n strak Zimri, skaars ’n 100 m verder, die uitspraak van sy appèl teen die skuldigbevinding en vyf jaar tronkstraf vir die skopdood van Riaan in die hooggeregshof aangehoor.

Die Lootse kon dit nie oor hul hart kry om self te gaan luister nie.

“Dit sal vir ons te traumaties wees. Riaan was so beskermend teenoor ons; hy sou ons beslis nie daar wou hê nie,” het Willie later gesê.

Die appèl is uiteindelik deur regters Willem Louw, Ashley Binns-Ward en Rosheni Allie van die hand gewys en Zimri, met die skok vlak in sy oë, is hierna blitsvinnig uit die hofgebou.

Zimri se prokureur, Martin Green, doen nou aansoek om verlof tot appèl by die appèlhof in Bloemfontein.

Zimri is in 2007 skuldig bevind aan Loots se dood.

Loots was van die Strand en het by die Rawsonville-klub op losskakel “uitgehelp” toe hy in ’n wedstryd teen die Delicious-klub van Ceres in ’n losgemaal deur Zimri teen die kop geskop is.

Hy is in die hospitaal breindood verklaar.

’n Sigbaar rustige Loots het eergister aan Rapport gesê dit is een groot tragedie: eerstens dat Riaan “weg” is en tweedens dat ’n kultuur van geweld tot so iets (Riaan se dood) aanleiding kon gee en ’n jong man dalk tronk toe kan stuur.

“Nou moet een man alleen staan. Hy is nie die enigste skuldige nie.

“Daar is nie haat nie, maar dit kan nie keer dat woede by mens opkom elke keer as dit Kersfees, Moedersdag, Riaan se verjaardag of daar rugbywedstryde is nie,” sê Willie.

Sy vrou is dit eens: “As hy (Zimri) van die begin gesê het dat hy dit gedoen het en dat hy jammer is, sou dít nie ’n meer sinvolle pad gewees het nie?”

Maar, sê Willie, hierdie hoofstuk het hy en sy vrou nou heeltemal afgesluit.

“Ons kyk vorentoe en doen nou in ’n tweede hoofstuk net dié dinge wat Riaan sou gedoen.

“Sy hart klop voort – in ’n man van Hermanus se bors, maar ook in die Riaan Loots-sportstigting vir behoeftige en talentvolle spelers en in die veldtog om geweld in sport te takel.”

Willie het ’n boek oor Riaan voltooi en wil broodnodige geld insamel om dit te publiseer en ook die stigting te voed.

Zimri se prokureur sê sy kliënt kan “nie behoorlik rou oor die seun (Riaan) nie, oor hy moet aanhou veg dat die waarheid seëvier”.

“Niemand het na vore gekom en die waarheid kom getuig nie. Ons sê Riaan is dood aan die hand van sy eie spelers.

“Ons is baie jammer dat Riaan dood is deur sport. Ons wil ook rou, maar dan eerder op grond van regte feite.”

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Ksd: 18-24°C Morning clouds. Mild. Pta: 10-25°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-20°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 9-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-28°C Haze. Warm. PE: 16-21°C Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!