Skuif opsy, ’n meester is aan die kom

2012-09-22 23:13

Kenny Solomon (32), oorspronklik van Mitchells Plain, is op pad om Suid-Afrika se heel eerste en tans enigste grootmeester in skaak te word.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In die agterplaas van hul huis op die Kaapse Vlakte se Mitchells Plain, tussen wapperende klere aan wasgoedlyne, het Suid-Afrika se eerste grootmeester in skaak sy eerste skuiwe geleer maak. Hier het hy talle boeke oor die spel se geskiedenis, skaakmeesters en hul grootste wedstryde verslind.

Kenny Solomon (32), een van agt kinders, was kwalik 13 jaar oud toe hy die skaakhandleiding van sy broer Maxwell beetkry om die kuns van skaak speel te probeer aanleer.

Maxwell was al goed bedrewe; skaak speel was immers sý kopskuif om die invloed van die bendebedrywighede in dié gebied te systap.

Hy was Kenny se eerste leermeester en op 15-jarige ouderdom was dié tiener al die nasionale kampioen in die o.16-afdeling. Nasionale kampioene soos Mark Levitt, David Gluckman en Mark Rubery was die jong Kenny se helde.

Nou, ná die pas afgelope internasionale skaakolimpiade in Istanboel, Turkye, is Kenny Solomon op pad om Suid-Afrika se eerste en enigste grootmeester in skaak te word en in die voetspore te volg van die skaaklegendes Garri Kasparof en wyle Bobby Fischer.

Solomon het net een van sy tien wedstryde in die olimpiade verloor, met drie grootmeesters afgereken en dié meester het gelykop teen drie ander grootmeesters geëindig.

Nou kort hy nog 50 ranglyspunte om 2 500 rangpunte te bereik en dan is hy self ’n grootmeester – die hoogste rang (naas wêreldkampioen) in skaak.

Aan sy sy staan sy Italiaanse vrou, Veronika, op sigself ’n internasionale skaakmeester, en hul babadogter, Eleanora.

Hulle woon tans in Italië waar hy naby al die groot toernooie is.

Solomon rig van 2000 af ander spelers af en danksy ’n borgskap van die South African Bunkering & Trading (SABT) kon hy in 2009 internasionaal begin meeding en sy grootmeesterdroom najaag.

Skaakwedstryde is ’n emosionele drukpot, sê Solomon, maar hy gebruik die sielkunde onderliggend aan die skaakspel om sy teenstanders se styl, sterk punte en swakhede te ontleed.

Vir stamina en konsentrasie teen die emosionele en sielkundige druk van wedstryde (wat tot ses uur kan duur) swem en draf hy.

“Voor enige deurbraak kom opoffering” en “Sukses is die enigste opsie”, is sy persoonlike leuses.

Marius van Zyl, visepresident van Skaak Suid-Afrika, bestempel Solomon as ’n baie nederige speler en sê hy is die land se eerste ware skaakheld.

So word jy ’n grootmeester:

* Wenuitslag teen drie grootmeesters in toernooie van die Internasionale Skaakfederasie (Fide);

* Behaal ’n minimum rangplek van 2500 in die federasie-rangstelsel;

* Alle papierwerk moet deur federasie afgehandel wees;

* Ontvang die toekenning amptelik van die federasie.

Grootmeesters in:

* Wêreld: 1 367 (1 340 mans; 27 vroue) in Julie 2012;

* Rusland: 214;

* Suider-Afrika: 2. (Amon Simutowe van Zambië en Solomon van Suid-Afrika)

* Afrika: 8 Egipte, Marokko, Tunisië, Zambië, Suid-Afrika.

Só maak grootmeesters geld:

* Wêreldtitels te wen (2012-wenner het R12 miljoen verdien);

* top-toernooie te wen (sowat R1 miljoen);

* goeie borgskappe;

* gasoptredes;

* vertoonwedstryde;

* afrigting;

* boeke skryf.

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Midrand
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.