‘Skuif’ vir Aardklop maak Potch benoud

2012-09-29 23:25

Is die dag naby dat die Aardklop-kunstefees in Pretoria eerder as Potchefstroom aangebied word?

Die organiseerders van Aardklop, die grootste jaarlikse Afrikaanse kunstefees in die noorde van die land en waarskynlik Potchefstroom se grootste toeristetrekpleister, ontken ten sterkste daar is enige plan op die horison om dié fees in die toekoms eerder in die Jakarandastad aan te bied.

Maar nadat die gerugte uitgelek het dat ’n ondersoek gedoen gaan word om onder meer te kyk of dit nog volledig in die fees se belang is dat dit op Potchefstroom gehou word, het bespiegelings oor ’n moontlike skuif soos ’n veldbrand in ’n sterk wind versprei.

Meer as een ingeligte in die senior-bestuur van die fees het aan Rapport gesê daar gaan in die volgende paar dae op fees­direksievlak gepraat word oor die “terme van ’n moontlike ondersoek” om vas te stel of dit nog wenslik is om die fees in die hoofstad van Noordwes aan te bied. Hulle het egter benadruk daar is tot op hede nog geen plan om die fees te skuif nie.
Aardklop dra jaarliks meer as R135?miljoen tot die ekonomie van Potchefstroom by. Die jaarlikse fees word eerskomende week gehou.

Volgens een van dié ingeligtes sal daar onder meer tydens die fees in die komende week gekyk word na die reis-en-verblyf­patrone van feesgangers om te sien of Potchefstroom steeds die gepaste ruimte is.

’n Skuif na Pretoria sal uiteraard tot nadeel van die Pukke (op wie se kampus ’n groot deel van die fees afspeel) en ondernemings in Potchefstroom wees, maar dit sal heelwat voordeel inhou vir die Universiteit van Pretoria, op wie se kampus ’n Pretoriase fees waarskynlik gehou sal word.

Volgens die ingeligte persoon is hulle baie bewus daarvan dat Potchefstroom se talle skole en universiteits­lokale, wat relatief naby aan mekaar geleë is, van dit ’n ideale ligging maak waarmee ander stede moeilik kan meeding.

Hoewel dié studie nie openbare inligting is nie, het nuus daaroor die laaste dae uitgelek en tot sodanige ontsteltenis onder Potchefstromers gelei dat dit selfs op die stadsraadsvergadering die afgelope Dinsdag bespreek is, berig die dorpskoerant, die Potchefstroom Herald.

Die jongste studie wat die feesbestuur gedoen het van Aardklop se ekonomiese impak op Potchefstroom dui daarop dat feesgangers tydens die 2010-fees R50,72 miljoen in Potchefstroom bestee het. Die fees self het R22,8 miljoen aan die dorp bestee en saam met indirekte besteding van R62,2 miljoen, het dit ’n inspuiting van R135,72 miljoen vir die dorp se ekonomie beloop.

By navraag het Andries Vrey, uitvoerende hoof van Aardklop, aan Rapport gesê daar is hoegenaamd geen planne om die fees Pretoria toe te skuif nie.
Die studie wat gedoen word, gaan ook nie in hoofsaak oor die moont-likheid van so ’n skuif nie.

Daar word wel elke jaar of twee ’n studie gedoen van al die faktore wat die lewensvatbaarheid van die fees beïnvloed en een van talle aspekte van die fees wat dan bekyk word, is die vraag of Potchefstroom nog die gepaste ligging vir die fees is. “Dit is een van ’n lys van 20 dinge wat ons bekyk. Daar is geen spesifieke planne om die ligging van die fees te heroorweeg nie.

“Ons het al vyf of ses keer voorheen sulke studies gedoen – en die fees sit steeds op Potchefstroom.”

Volgens Vrey het hulle een of twee van hul borge en ander belanghebbendes oor dié roetine-ondersoek ingelig en dit het waarskynlik tot die gerugte oor ’n moontlike skuif na Pretoria aanleiding gegee.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C Scattered clouds. Cool. Pta: 13-27°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 8-21°C Sunny. Mild. Bfn: 3-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-23°C More sun than clouds. Mild. PE: 12-17°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!