Skuldeisers jag Suidlanders-leier

2010-06-26 23:02

Mnr. Gustav Müller.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JACQUES PAUW IN JOHANNESBURG

Mnr. Gustav Müller misbruik die Suidlanders om geld te maak.

Só sê mnr. Barend Botes, bekende perde-afrigter van die Vaaldriehoek. Botes sê hy was “tot sy uiterste spyt” eens ’n goeie vriend van die verregse Müller.

Müller skuld Botes R160 000. Hy het egter verdwyn sonder om ooit ’n sent daarvan terug te betaal.

Botes sê hy was verlede week op ’n Suidlanders-saamtrek in Vereeniging, waar hy mense gewaarsku het dat Müller nie vertrou kan word nie.

Müller het aan Rapport erken dat hy die geld by Botes geleen en nie terugbetaal het nie.

“Ons was baie goeie vriende en hy het my gehelp toe ek in die nood was,” het Müller gesê. “Ek sal dit nooit vergeet nie. Ek sal graag met hom wil regmaak.”

Talle skuldeisers is egter op soek na Müller. Sy kredietrekord wys dat hy die afgelope drie jaar drie hofuitsprake teen hom gekry het, waarby altesame R650 896 betrokke is.

’n Verdere R97 158 se slegte skuld is teen sy naam afgeskryf.

“Jy glo die ouens wat slegpraat van my,” het Müller gesê. “Ek het ondergegaan met my lorries. Ek’s die slaansak van die wêreld. Ek kon nie betaal nie.”

Müller spog op die Suidlanders se webtuiste dat hy in 2001 “’n genoegsame rekord by die bank opgebou het” om drie vragmotors te koop. Hy het uiteindelik nege vragmotors aangeskaf, wat vrag so ver as die Kongo vervoer het.

Maar Botes sê: “Hy’t nooit gewerk nie. Hy’t heeldag met ’n bottel whisky in sy kar rondgery.

“Hy en Danie Odendaal was elke dag bymekaar en het gesit en regse planne smee. Toe kom hy in die moeilikheid en begin by ons almal geld leen.

“Die enigste rede hoekom Gustav Suidlanders gestig het, is omdat hy bankrot is en niks anders het om te doen nie,” sê Botes. “Nou verkoop hy DVD’s en vra vir donasies. Dis net om aan die lewe te bly.”

Müller kap terug: “Ek’s beskikbaar, ek hardloop nie weg nie. As ek een ding geleer het, is dit dat ek nie weer vra vir donasies nie.”

Maar op die Suidlanders se webwerf vra Müller wel vir donasies. Die organisasie, wat as ’n nie-winsgewende maatskappy geregistreer is, vra bydraes vir meer inspeksies van plekke van veiligheid, radiokommunikasie en advertensies.

“Daar sal jaarliks ’n volledige oudit-verslag deur ’n onafhanklike boekhouer beskikbaar gestel word… sodat almal kan sien dat ons net een doel voor oë het, en dit is om ons Skepper en volk te dien!” lui die webwerf.

Müller sê op die Suidlanders se webtuiste dat hy in 2006/’07 “ál meer dringend geroepe gevoel het om die volk te waarsku teen die gevare en teen afvalligheid van God”. Hy het sy vragmotors aan die bank terugbesorg om voltyds die Suidlanders se boodskap uit te dra.

Müller sê daar is tussen sewe en twaalf maatskappye wat hom honderdduisende rande skuld.

“Ek het vragte gery waarvoor ek nie betaal is nie.

“In die swaar dae toe ek my vragmotors teruggegee het, het ek nie kos gehad om te eet nie.”

’n Boer van Greylingstad sê hy het Müller ’n groot klomp geld geleen. “Toe gee hy my ’n perd wat hy sê is R60 000 werd. Die perd het gevrek.”

Müller erken hy het die geld geleen, maar sê die perd was ’n volbloed-Arabier.

’n Sakeman, mnr. Basie van Niekerk, sê Müller skuld hom R17 000 vir ’n sleepwa. Hy het egter besluit om die geld af te skryf.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
42 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.