Slaappil bring hoop vir Pippie

2012-12-16 01:28

Pippie Kruger se ma, Anice, glo onwrikbaar in haar dogtertjie se toekoms.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sy het ’n pynlike jaar agter die rug, maar die tyd van wonderwerke is nog nie verby vir Pippie Kruger (3) nie.


Die sogenaamde Lasarus-pil is besig om haar lewe te verander. 

Pippie gebruik nou Stilnox, die slaappil waarmee mense met motorneuronsiekte, die siekte waaraan Joost van der Westhuizen ly, ook al behandel is. 

Toe Anice Kruger, Pippie se ma, in September hoor van die uitwerking van die pil op mense met breinbeserings, het sy Pippie dadelik na dr. Wally Nel geneem. 

Dié Oos-Randse dokter behandel mense met breinbeserings met Stilnox. 

Hulle het Pippie ’n kwart-pilletjie gegee en binne 20 minute was daar ’n reaksie. 

“Ek het al baie wonderwerke gesien, maar nog nie een soos dié nie,” sê Nel. 

“Sy het haar oë vinnig begin knip, wat sy nie voorheen kon doen nie. Haar oë het begin sprankel, haar gesigspiere het begin werk. Sy het aandag aan haar omgewing begin gee.” 

Anice sê sy was stomgeslaan. 

Dit was duidelik Pippie was ál meer bewus van wat om haar aangaan. 

Dit lyk ook asof die pil ’n positiewe uitwerking het op die gebruik van haar tong, wat weens brandskade deels sy sensasie verloor het. 

Sy het nou begin kwyl en is skynbaar meer bewus van haar tong. 

’n Dag ná die eerste Stilnox-pilletjie het Anice aan Nel ’n ­foto gestuur waarop Pippie vir die eerste keer regop gesit het. 

Toe Rapport se fotograaf hulle die afgelope week gesien het, kon Pippie al in haar ma se arms staan. 

Nel en dr. Ridwan Mia, wat ’n baanbreker-veloorplanting op Pippie gedoen het, praat nou oor Pippie se toekomstige behandeling en die voortsetting van die Stilnox-behandeling. 

Stilnox word die afgelope tien jaar gebruik om mense in ’n koma, met erge breinbeserings, asook serebraal gestremdes te behandel. 

“Pips gaan die wêreld nog verstom. 

Pippie sal almal nog wys die breinskade (wat sy volgens dokters het) is nie so erg nie,” sê Anice. 

Pippie het erg verbrand toe ’n houer vuuraanstekerjel op Oujaarsdagaand verlede jaar in haar pa, Erwin, se hande ontplof en die kokende stof op haar beland het. 

Pippie gaan Dinsdag weer hospitaal toe om ’n kontraktuur (’n gedeelte van die vel onder haar arm wat hard geword het) te verwyder. 

Daarom gaan die Krugers Kersfees môre vier.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 3-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.