Slaappil laat hom ontwaak

2012-08-12 00:11

Sienie Viljoen by haar seun, Louis.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sienie Viljoen het drie jaar lank elke nag langs haar seun se bed gesit en sy lewelose hand vasgehou terwyl sy ywerig kyk vir enige teken van ­lewe in sy gebroke liggaam.

Louis is in Springs aan die Oos-Rand deur ’n motor getref toe hy die straat oorgesteek het en dokters het gesê hy sal nooit sy bewussyn herwin nie.

Maar hy het.

Nou het die storie oor hoe sy ma hom 13 jaar gelede per ongeluk help ontwaak het, gelei tot ’n nuwe behandeling vir pasiënte met erge breinbeserings, ’n behandeling wat hoop vir mense oor die wêreld heen gee.

Elke aand het Sienie haar bewustelose seun besoek, hom kos gegee en vir ’n wonderwerk gebid. Dit sou ’n onwaarskynlike wonderwerk gewees het, want die mediese wetenskap het lank die oortuiging gehuldig dat pasiënte wat jare ná hul breinbeserings nog in ’n bewustelose toestand is nooit sal ontwaak nie.

Een aand in 1999 het Louis rusteloos geraak en het sy ma dr. Wally Nel, haar algemene praktisyn, gebel om te vra of sy vir Louis een van haar slaappille kan gee. Sy het Stilnox by haar gehad en Nel het haar aangeraai om een fyn te maal en vir haar seun te gee.

’n Kwartier later het die kleur na Louis se wange teruggekeer. Sy oë het begin fokus en vir die eerste keer in vier jaar het sy ma sy stem gehoor wat sê: “Hallo, Mammie.”

Talle ander het sedertdien soortgelyke ervarings gehad.

Verlede jaar het die 26-jarige Chris Cox van Amerika, wat volgens dokters onomkeerbare breinskade gehad het, bygekom toe hy dieselfde slaappil (in die VSA staan dit bekend as Ambien) as Louis gegee is.
In Desember het die 23-jarige Australiër Sam Goddard, wat vroeër agt opeenvolgende beroertes gekry het, ook uit ’n koma ontwaak en begin praat.

Louis het in 1999 ná sowat ’n uur en ’n half weer in ’n koma verval. Die volgende dag het sy ma hom dieselfde pil ingegee en hy het weer ontwaak.

Nel het hulle besoek en was verstom. Hy het dadelik ’n klomp neuroloë in kennis gestel. “Uiteindelik het selfs die skeptiese neuroloë die pil se uitwerking gesien. Daar was geen mediese verklaring daarvoor nie.”

Kort daarna het prof. Ralf Claus van Medunsa van die geval te hore gekom. Hy het toe pas ’n nuwe breinskandeerder bekom waarmee hy die werking van breinselle kon bestudeer. Hy en Nel het toe Louis se brein bestudeer voor en nadat hy Stilnox gebruik het.

Dit het geblyk groot dele van Louis se brein was onaktief totdat hy die pil inkry. Wanneer die medisyne begin werk, het talle “dooie” selle weer begin funksioneer – totdat die medisyne uitgewerk was.

Die volgende 12 jaar het Nel en Claus uit hul studies afgelei dit het iets met neuro-geleiers in die brein te make.

Stilnox kalmeer gesonde mense se brein en help hulle slaap, maar het die teenoorgestelde uitwerking in mense met breinbeserings.

“Voorheen het ons geglo selle in dié dele van die brein wat in ’n besering beskadig is, gaan vir altyd dood. Maar ons navorsing toon dit is nie die geval nie. Ja, baie breinselle sterf, maar sommige slaap net en kan wakker word,” sê Claus.

Claus en Nel het intussen honderde pasiënte wêreldwyd gehelp. Claus het Brittanje toe getrek, maar Nel is steeds ’n algemene praktisyn in Springs.

Hulle het bevind Stilnox help ook mense met ander breinbeserings, soos ná beroertes.

Louis is steeds in sy bed gekluister, maar ’n halwe pil twee keer per dag hou hom deurgaans wakker. Sy toestand verbeter steeds. Pleks om net sy hand vas te hou, kan sy ma nou vir sy grappies lag en by hom ’n drukkie kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Squeegee Pilot sê... Het die klomp dan geen skaamte nie...? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Midrand
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.