Snaaks? Nee, dis tragies

2013-01-27 00:02

So uitgehol is talle van ons staatsdepartemente weens swak bestuur en die verlies aan vaardighede dat private konsultante deesdae amptenare se werk doen.

In net drie jaar het dié peperduur papskeppers jou R102 miljard gekos, is die afgelope week onthul. Maar ons is in ’n hoek.

’n Ingenieur waarsku dienslewering sal heeltemal ineenstort as ons ophou om konsultante te gebruik.

Xolani Mbanjwa bekyk die skokkendste voorbeelde van konsultant-skandes.

1. R859 miljoen vir ’n kontrak uit die 1980’s (maar geen monitering nie) Die departement van verdediging het oor drie jaar R10,4 miljard aan konsultante bestee.

Kimi Makwetu, die adjunk- ouditeur-generaal (OG), het die afgelope week onder meer bekend gemaak die departement het in 2007-’09 R859 miljoen bestee aan ’n kontrak wat al in 1986 onderteken is en sedertdien bloot hernu is.

Die OG het boonop bevind dit sou minder gekos het om in dieselfde tydperk eerder vaste werkers aan te stel om die werk te doen, maar die werk is eerder uitgekontrakteer – ’n skreiende oortreding van die reëls.

Geen stappe is gedoen om mense vas aan te stel nie.

Besteding van sowat R133 miljoen aan die kontrak is nooit geoudit nie.

Die OG kon geen bewyse vind dat die gehalte van dienslewering deur die maatskappy gemonitor is om seker te maak hulle doen hul werk nie.

2. Departement stel nie sy eie mense aan nie: R50,5 miljoen Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het in net drie jaar R1 miljard bestee aan konsultante.

Makwetu het gesê dit is “bisar” dat die departement sy personeelwerwing in 2006-’08 uitgekontrakteer het teen R50,5 miljoen.

Die koste van die kontrak het opgeskiet van die aanvanklike R28,8 miljoen en die kontrak is selfs verleng, al het die konsultant nie sy werk gedoen nie, omdat die departement nie die vermoë gehad het om al sy kontrakte te bestuur nie.

Die departement, wat sy eie afdeling het om personeel te werf, het toe nóg R21,7 miljoen aan dié kontrak bestee.

3. Konsultante: ‘Kom ons stel nóg konsultante aan!’

Die departement van vervoer se konsultant-rekening was R1,8 miljard.

Die skandes was volop: Die ontwikkeling van die nasionale vervoermeesterplan is aan konsultante oorgelaat.

Die koste? R55,9 miljoen.

Die OG het gewaarsku dit het die gevaar laat ontstaan dat die departement “afhanklik” kan raak van konsultante toe die einste konsultante aanbeveel het dat nóg konsultante aangestel word om die projek te monitor.

Die koste van die departement se taxi-herkapitaliseringsprojek het van R2,1 miljard opgeskiet tot R9,6 miljard nadat verkeerde beramings gemaak is van hoeveel taxi’s teen ’n koste van R50 000 elk geskrap sou word.

Inflasie is boonop volgens die OG nie in ag geneem nie.

’n Konsultant is R640 miljoen betaal om die taxi’s te skrap en die opbrengs van die verkoop van die skrootmetaal in ’n trustfonds vir die taxibedryf te plaas.

Maar die departement kon nie rekenskap gee van die trustrekening of wat van die skrootgeld geword het nie.

4. R80 000 om die koerante te lees.

As jy reeds te veel konsultante het, kry nóg om die horde te help bestuur.

So het die departement van korrektiewe dienste gemaak, teen R2 miljard oor drie jaar.

Die OG het bevind dit is “verregaande” dat die departement konsultante aangestel het om ander konsultante in nege inligtingstegnologie-projekte te bestuur.

Die departement was later heeltemal van konsultante afhanklik om sy IT-dienste te bedryf, want niemand wat heeltyds daar werk het geweet wat aangaan nie.

’n Konsultant is boonop R78 375 per maand betaal om koerante te lees en ander media te monitor – al het sy voorganger vir dieselfde werk maar R11 394 per maand verdien.

5. ‘Niemand hier weet hoe nie’ (R416 miljoen).

Die departement van gesondheid het R416 miljoen aan konsultante bestee.

Hiervan is R7,8 miljoen na ’n konsultant wat ’n oudit moes doen van alle verpleegkolleges in die openbare sektor omdat daar geen vaste werknemer was wat dit kon doen nie.

Sowat 59% van die vakatures in die direktoraat van verplegingsdienste was nie gevul nie – deels die gevolg van ’n “gebrekkige” plan vir menslike hulpbronne en ’n moratorium op die vul van poste.

Die departement het ’n universiteit ook meer as R870 000 betaal om ’n nasionale gids vir die voorkoming van infeksies op te stel, sonder om ooit seker te maak die departement het die personeel om die aanbevelings in die gids in werking te stel.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C High level clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-17°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-24°C Morning clouds. Mild. PE: 10-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!