Sneeu-chaos!

2012-07-16 06:47

Talle motors, vragmotors en busse het op die N12 vir ongeveer 12 ure vasgesit. Foto: Petra Jaars

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

41 mense wat in in Lesotho vasgekeer was, is gistermiddag deur reddingspanne uit Suid-Afrika na veiligheid gebring, berig BEELD vanoggend. En volgens Eye Witness News is ten minste 5 mense weens blootstelling dood.

Ysige koue, reënbuie en sneeu het landwyd chaos gesaai en honderde kilometers se paaie is gister (Saterdag) gesluit.

In een van die mees dramatiese voorvalle is sowat 60 mense, onder wie babas en kinders, gister (Saterdag) van 05:00 af op die N1-snelweg buite Drie Susters in ’n bus van die City to City-diens vasgesneeu.

Noodlenigingswerkers met komberse, klere en water kon hulle weens gure weer en die sneeu 13 uur lank nie bereik nie.

Die groep, wat volgens ’n familielid van ’n passasier op pad was van Johannesburg na Kaapstad, is teen sononder bevry. Ander busse het ook vasgeval.

Op die N12 tussen Beaufort-Wes en Victoria-Wes was meer as 100 motors teen druktyd nog vasgekeer, sê Ashref Ismail, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC).

Skrapers is gestuur om hulle te bevry, maar daar is gevrees dat talle die nag in hul motors sou moes deurbring.

“Die situasie is lewensgevaarlik,” het Ismail aan Rapport gesê.

Op dieselfde pad het ’n groep van 15 mense, bestaande uit gospelsangers en hul gesinne, sedert 04:00 ongeveer 12 uur lank buite Victoria-Wes in die sneeu vasgesit.
Volgens George Jaars van die groep Sounds of Salvation was hulle in drie motors van Kaapstad af op pad om in Kimberley op te tree.

Daar was twee swanger vroue en ’n maand oue baba in hul groep.

“Ons het saam met talle motors, busse en vragmotors vasgesit. Die sneeu was kniediep.”

Hulle het van tyd tot tyd die motor aangeskakel om warm te word.

Niemand is beseer nie.

Voorts is die soektog na ’n ambulans wat gisteroggend op pad van Beaufort-Wes na Loxton spoorloos verdwyn het deur die sneeu belemmer. “Ons het geen kontak met die ambulans nie. Die sneeu in die omgewing maak dit moeilik om hulle te vind.”

Talle paaie van en na die Wes-Kaap is volgens Ismail toegesneeu en in baie gevalle was geen alternatiewe roetes beskikbaar nie.

“Ons werk saam met die provinsiale regerings om gestrande motoriste te help.”

Drie mense is eergistermiddag dood en twee beseer in ’n motorongeluk op die N6 tussen Jamestown en Queenstown. Ook elders in die land het die weer chaos veroorsaak.

200 mense wat in laagliggende gebiede in Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth) woon, is in veiligheid gebring nadat swaar reën die Oos-Kaap getref het.
In die Kaapse Skiereiland is ongeveer 500 mense dakloos gelaat.

Sneeu is aangemeld op die Tsitsikamma-, Outeniqua-, en Drakensberge en golwe van tot 4?m hoog word tussen Mosselbaai en Port Alfred verwag.

Die uiterse weer het veral die Oos,- Noord-, Wes- en Suid-Kaap en dele van KwaZulu-Natal en die Vrystaat getref, terwyl die res van die land koud en bewolk was.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat vandag ook meestal koud, nat en winderig sal wees.

Die koue weer word veroorsaak deur ’n kouefront en ’n afknyp-laagdrukstelsel wat oor die land beweeg.

Na verwagting sal die weer teen Dinsdag verbeter.

Motoriste het op Twitter om hulp gevra én wenke gegee oor die ysige koue en sneeu:

* Sekoz: “Help asseblief! Sit vas in die sneeu. Enige alternatiewe roetes van Johannesburg na Beaufort-Wes asseblief?”
* Rob Byrne: “Vrystaat – N1-roete, ysreën in die Kroonstad-area, padoppervlak glad, verminder asseblief spoed en ry versigtig.”
* Clyde Davis: “Sit in Colesberg, beplan ’n nuwe roete. Pas tussen Drie Susters en toe as gevolg van sneeu.”
* Rob Byrne: “N2-roete, pad gesluit tussen Wildernis en Knysna as gevolg van vloede. Verkeersbeamptes reguleer verkeer.”
* Dave Steele: “KZN Van Reenen is nie gesluit nie en daar is in dié stadium nie sneeu op die pas nie. As daar enige verwikkelinge is, sal ek dit twiet.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-18°C Sunny. Mild. Pta: 11-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 7-19°C Showery. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 2-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-20°C Partly cloudy. Cool. PE: 9-18°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!