So byna pik dodelike Kaapse kobra DA-LP

2010-03-13 23:20

Dr. Junita Kloppers-Lourens

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Om jou voordeur oop te maak en ’n uiters giftige Kaapse kobra teë te kom met die kop wat bak staan, gereed om te pik, dertig sentimeter van jou gesig af, is sekerlik niemand se idee van ’n goeie Vrydagoggend nie.

Dit was presies hoe dr. Junita Kloppers-Lourens, DA-LP van Pretoria en die amptelike opposisie se woordvoerder oor basiese onderwys, se Vrydag verlede week begin het.

Gedurende die week gebruik sy die redelik basiese huisvesting wat die staat in Akasiapark, Goodwood, aan parlementslede verskaf. Die ietwat afgeleefde toestand van die huise het al dikwels nuus gemaak.

“Daar is ’n gaping tussen die voordeur en die vloer wat ek gewoonlik met rubbermatjies opvul om die stof uit te hou,” het Kloppers-Lourens by navraag aan Rapport vertel.

“Toe ek afbuk om die vullissak uit te sit, sien ek die slang dertig sentimeter van my gesig af. Die beweging van die slang se kop, soos hy bak maak om te pik, was al wat my bedag gemaak het.

“Instink het oorgeneem. Ek het teruggespring en die deur toegeslaan. Ek was in totale skok. My brein het vyf minute lank stilgestaan.”

Toe bel sy haar kollega, me. Desiree van der Walt, DA-leier in Limpopo en ’n bekende raakvatter, wat die polisie laat kom het.

En dis waar ’n verdere drama begin het, want die kobra het hom toe tussen die veiligheidshek en die voordeur ingewurm, met sy kop in die gaping onder die deur wat Kloppers-Lourens gewoonlik met die rubbermatjies bedek.

Die kobra, een van Suid-Afrika se giftigste slange, is deur die polisie verwyder en die huis is vir slange gevee, want daar is mos dikwels twee?…

As jy deur ’n Kaapse kobra gepik word, tree verlamming in en kan die dood binne twee uur volg.

Verskeie mense het aan Kloppers-Lourens uitgewys dat die slang sy opwagting gemaak het in dieselfde tyd dat sy haar in ’n klipharde stryd met die ANC-ondersteunende onderwysvakbond Sadou bevind, maar sy laat haar nie daardeur beïnvloed nie.

“Ek is ’n gelowige mens en ek is deur die genade gespaar. Ek moet vreesloos voortgaan. Ek sal geen oomblik afwyk van die DA se veldtog om Sadou te takel en onderwys tot ’n noodsaaklike diens te verklaar nie.”

Sy het darem haar sin vir humor behou: “In die politiek moet jy baie slange trotseer. Party is duidelik giftiger en gevaarliker as ander.”

- Rapport

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

louis.heydenrych sê... Vrygelaat op parool omdat hulle swart is . Die Boeremag lede is al agt jaar in die tronk en die saak is nog steeds nie afgehandel nie omrede daar nie genoegsame bewyse is nie . Het geen moord gepleeg nie maar word aangehou en mens kan verstaan hoekom hulle probeer ontsnap . Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.