So lyk 1ste dag se program
2012-12-16 02:27
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Pres. Jacob Zuma open die konferensie vandag met sy politieke verslag, gevolg deur Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, se organisatoriese verslag.
Voorleggings oor die nasionale beplanningskommissie se nasionale ontwikkelingsplan, die regering se infrastruktuurontwikkelingsplan en 2011 se sensus sal volg.
Dié sessies is oop vir die media.
Ná middagete sal elke stemgeregtigde afgevaardigde se geloofsbriewe aanvaar moet word.
Dit is tydens dié sessie dat onenigheid oor afgevaardigdes wat die nuwe ANC-leiers moet kies, huismoles kan veroorsaak.
Dit gaan die konferensie waarskynlik vertraag, veral weens die verdeeldheid onder ANC-lede in die Vrystaat en Noordwes.
Die verkiesingskommissie sal vanaand aan die afgevaardigdes bekend maak wie hul benoemings vir die ANC se ses topleiersposisies aanvaar het.
Ons sal dan eers weet of Cyril Ramaphosa hom as ANC-adjunkleier verkiesbaar stel.
Die sowat 4?500 afgevaardigdes kan tydens dié sessie ook ander mense van die vloer af vir dié posisies benoem, maar die benoeming moet deur 25% van afgevaardigdes gesteun word.