Spoor nou grafte op met die internet

2010-09-18 21:56

Me. Heather MacAlister (links), projekleier van die webwerf Ancestry24, en die vrywil­liger me. Helen Spangenberg naby die graf van die digter Ingrid Jonker. Foto: Lizané Louw

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Kyk gou op die rekenaar waar ons oorlede vriende se grafte is.”

So ’n versoek klink dalk onsensitief, maar vir talle Suid-Afrikaners is dit al beskore om hul afgestorwe familielede of vriende se grafte op die internet op te spoor deur hul name op ’n Suid-Afrikaanse webwerf, Ancestry24, in te tik.

’n Foto van die graf, basiese inligting oor die afgestorwe persoon, asook die unieke wêreldligging van die graf, word só verkry.

Volgens die Ancestry24-projekleier, me. Heather MacAlister, is hul webtuiste die grootste in sy soort en die enigste waar die egtheid van elke inskrywing deur ’n bron ondersteun word.

Dorpe wat al aanlyn kan gaan, is Augrabies, Fraserburg, Kei-moes, die Moffat-sendingstasie op Kuruman, Postmasburg, Prieska en Riebeek-Wes.

Dorpe waarvan grafinligting opgeteken is, sluit in Wuppertal, Nieuwoudtville, Clanwilliam, Klawer, Vredendal (almal in die Wes-Kaap), asook Kokstad (KwaZulu-Natal), die Noord-Kaapse dor­pe Kakamas, Keimoes en Sutherland, asook Smithfield (Vrystaat) en ’n begraafplaas in Pretoria.

Opnames is ook in Kaapstad en omgewing afgehandel.

Woensdag het MacAlister en ’n groep vrywilligers met opnames in die Maitland-begraafplaas van 100?ha begin en behoort oor drie jaar klaar te kry.

Die grafregister is al oorgeskryf, met inligting soos naam, van, sterfdatum, hoe diep die graf is, wie die persoon begrawe het en aan wie die erf waarop die graf is, behoort het.

Maar, sê MacAlister, armer gemeenskappe se grafte moet eerste gedoen word aangesien grafte daar gouer tot niet gaan en inligting só verlore gaan.

“Grafprojekte is eenvoudig en leersaam, maar arbeidsintensief; daarom benodig ons vrywilligers. Ek noem hulle spottenderwys friends of the crypt .”

“Só kan ons dorpenaars betrokke kry en waar leerlinge betrek word, leer hulle meer van hul dorp se geskiedenis. Snaaks genoeg, op baie grafte staan geskryf: ‘Jy sal nooit vergeet word nie’; maar dis presies wat gebeur – mense vergeet hul mense, hul geskiedenis.”

“Munisipaliteite vind baat daarby. Wanneer grafopnames klaar is, is die grafte in ’n mate opgeknap, want toegegroeide grafte word oopgeknip en grafstene skoongevee.

Enigeen wat as vrywilliger ’n grafsteenprojek in hul dorp wil ondersteun, kan MacAlister by 0?021 468 8957 bel. Opleiding sal gereël word.

Besoek ook die webtuiste ancestry24.com .

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.