Sports klop sport

2013-05-25 23:28

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die departement van sport en ontspanning se peperduur sportmakietie kos belastingbetalers jaarliks miljoene rande terwyl die regering sommige sukkelende sportorganisasies finansier met net ’n fraksie van die geld wat aan dié glansgeleentheid bestee word.

Dit is van die bevindings uit ’n ondersoek wat Rapport die afgelope week gedoen het nadat ’n herrie oor die begroting vir vanjaar se Suid-Afrikaanse sporttoekennings losgebars het.

Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het verlede week in die parlement aangekondig vanjaar se geleentheid gaan R65 miljoen kos, waarvan R21 miljoen met belastingbetalersgeld betaal word.

Luidens Mbalula se departement, die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) en verskeie sportliggame se jongste jaar­verslae moet sommige sportliggame klaarkom met minder as ’n tiende van die geld wat die departement vir die toekennings beskikbaar stel.

In die 2011-’12-boekjaar het die departement byvoorbeeld R12 miljoen vir die pryse beskikbaar gestel, maar net R1,1 miljoen aan Netbal SA gegee. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) het R11,6 miljoen gekry.

Die organisasies se 2012-’13-jaarverslae is nog nie beskikbaar nie, maar Boks SA sê in sy 2011-’12-verslag die R5 miljoen wat hy in die huidige boekjaar van die regering sou ontvang, is te min.

“Daar is geen finansiële hulpbronne beskikbaar vir die vul van belangrike poste nie,” lui ’n uittreksel uit die verslag.

Groot sportbeheerliggame soos Atletiek SA (R1 miljoen), Fietsry SA (R800 000), Swem SA (R3,5 miljoen) en die SA Hokkievereniging (R1,8 miljoen) het nie een meer as ’n derde ontvang van die bedrag wat die departement aan 2011 se geleentheid bestee het nie.

Benewens die departement se R12 miljoen het Saskok in die boekjaar ook R8 miljoen van die Nasionale Loteryraad se trustfonds ontvang om aan sporttoekennings uit te gee.

“Dit is gebruik om die koste vir reis, verblyf, voertuighuur, vermaak, tegniese toerusting, vergaderings, die ruimte vir die toekennings en projekbestuur te dek,” sê Vinesh Maharaj, ­Saskok se finansiële hoof.

“Hoe kan hulle verwag ons moet met sulke klein begrotings oorleef terwyl die minister miljoene rande vir ’n partytjie opsy sit?” het ’n plaaslike sportadministrateur woedend gevra. Hy wou anoniem bly uit vrees vir viktimisering.

Jerry Masia, president van die SA Gimnastiekfederasie, sê die toekennings is belangrik.

“Dit erken Suid-Afrikaanse sportprestasies,” sê Masia.

William Newman van Fietsry SA sê hy is tevrede met die Mbalula se antwoord Woensdag dat nie al die geld uit die staatskoffers kom nie.

“Daar is borge wat ’n bydrae lewer en dit vier tog uitnemendheid in plaaslike sport.”

Newman erken Fietsry SA sukkel geldelik.

“Ons kry nie genoeg geld nie en sukkel ook altyd om nuwe borge te kry. Ons moet meer kommersiële borge kry; ons kan nie vir altyd op Lotto-geld staatmaak nie,” sê Newman.

“Die minister vergeet dit is belastingbetalers se geld waarmee hy werk. Ons sportkodes het nie eens genoeg hoëprestasiesentrums nie, hoe kan ons miljoene op ’n enkele aand blaas?” vra Winston Rabotapi, die DA se skadu-sportminister.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Sunny. Mild. Bfn: 7-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 17-24°C Rain late. Morning clouds. Mild. PE: 12-19°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!