‘Staat kán nie werk skep’

2012-02-04 22:49

Pres. Jacob Zuma sal Donderdag in sy vierde staatsrede waarskynlik nóg tientalle planne voorlê om werkgeleenthede te skep, maar kenners sê niks sal die werkloosheidskrisis verlig as streng arbeidswette nie verslap word nie.

Dit striem plaaslike sakelui en buitelandse beleggers wil nie in Suid-Afrika belê nie omdat ander beleggingsvriendelike lande beter opbrengste lewer.

Die sowat 4,4 miljoen werkloses se kans op ’n werk is skraal omdat die voorgeskrewe minimum lone dit te duur maak om groot getalle ongeskoolde werkers aan te stel.

Voorts is maatskappye huiwerig om hul personeelgetalle te vergroot omdat die arbeidsregulasies dit moeilik maak om ontslae te raak van personeellede wat nie hul kant bring nie.

* Mnr. Richard Pike, uitvoerende hoof van die arbeidsmakelaar Adcorp, het Donderdag by die FW de Klerk-stigting se jaarlikse gedenklesing in Kaapstad gesê produktiwiteit het in 2010 met 6% gedaal, terwyl lone terselfdertyd met 8% gestyg het.

* Voorts het Suid-Afrika in 2009 soveel as 2,9 miljoen werkdae weens stakings verloor, in 2010 het dit tot 14,6 miljoen dae gestyg en in 2011 was dit 12 miljoen.
“Ons het op die kruin van apartheid 9,5 miljoen werkdae in een jaar verloor. ’n Mens het gedink dit sou beter gaan ná 1994, maar dit het vererger,” het Pike gesê.

Dus word arbeid nie net al hoe duurder nie, maar personeel raak toenemend “onbetroubaar” en dít noop nywerhede om mense deur masjiene te vervang deur te outomatiseer en te meganiseer.

Ingevolge die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se gradering van Suid-Afrika se arbeidswette en -regulasies beklee Suid-Afrika op ses na die swakste plek op ’n lys van 139 lande wat mededingendheid betref. Dít dra by tot die land se hoë werkloosheidskoers (25%) en onvermoë om ’n ekonomiese groeikoers van 7% per jaar te handhaaf wat vereis word om die regering se teiken van 5?miljoen werkgeleenthede teen 2020 te behaal.

* Weens kollektiewe bedinging word maatskappye gedwing om werkers jaarliks hoër salarisse te betaal, ongeag hul produktiwiteit en prestasie;
* Heeltydse werkers geniet beskerming teen afdanking en dit vererger swak produktiwiteit; en
* Arbeidsreëls maak dit te duur om mense – veral ongeskooldes – in diens te neem.

Volgens Pike sal nog ’n halfmiljoen mense hul werk verloor as die ANC deurdruk met sy planne om arbeidsmakelaars te verbied.

Hy meen die arbeidswette en voorneme om van arbeidsmakelaars ontslae te raak bevoordeel net die vakbonde en hul lede “terwyl die arm werkloses geen stem het nie”.

Mnr. Temba Nolutshungu van die Vryemarkstigting het in dieselfde lesing gesê die regering moet sorg vir ’n gunstige omgewing waarin die private sektor kan groei, winste maak en werk skep.

“Dis ’n mite dat die regering grootskaalse werk kan skep – dis niks anders nie as werk wat deur belastingbetalers gesubsidieer word.”

Hy stem saam die beperkende arbeidswette moet verander.

“Ons het nie minimum lone nodig nie. Daar is werkloses wat vir minder sal werk wat nou nie aangestel kan word nie.”

Volgens mnr. Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, “produseer” Suid-Afrika te veel matrikulante en mense met BA-grade “wat ons nie benut nie”. “Ons het sweisers en ambagslui nodig.”

Die Nasionale Beplanningskommissie onder voorsitterskap van mnr. Trevor Manuel wil armoede teen 2030 uitwis.

Ook in húl plan word aansporings voorgestel om nuwe werkers teen laer salarisse aan te stel, korttermynkontrakte te vermeerder en om dit vir ondernemings makliker te maak om werkers af te dank.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.