Stadig uit boks, waarsku Kaya

2013-09-28 23:51

Kaya Jones (29) | Foto: Nicolene Olckers

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dié blonde tierkat is gebore onder die sterreteken van die Leeu en het die internasionale kollig betree as lid van die popgroep The Pussycat Dolls.

Dié groep is bekend om treffers soos “Don’t Cha”.

Maar die sexy Kaya Jones (29), wat tot vandag by die Sekspo in Johannesburg te sien is, weet van veel meer as sing, dans en liedjies skryf.

Sy glo sy verstaan hoe mans se koppe werk, maar sy weet bowenal hoe om haarself fantasties te laat voel.

Haar kinderjare op die eiland Jamaika het baie bygedra tot hoe sy oor sensualiteit dink, sê Kaya.

Die reggae-musiek en die ­eilandbewoners se manier van dans het haar onder meer geleer hoe om gemaklik in jou eie vel te wees.

“Ek onthou ek was baie jonk toe ek besef het my hele gesin is baie bewus van hul lywe.

“Miley Cyrus se ge-twerk is rêrig niks nuuts in Jamaika nie!” Sy glo dansers is oor die algemeen baie sensueel.

“Mense moet meer bewus word van hul lywe. God het dit geskep en dit is ’n pragtige ding.”

Kaya het ’n liefdesles vir vroue: “As jy te veel druk op ’n man plaas, druk jy hom weg.

“So, druk en hardloop dan weg. Laat hy jou jag!”

Sy het ook raad vir mans oor hoe vroue se koppe werk: “Hulle is nie daar om net kos te maak en kinders op te pas nie. As jy haar beeldskoon wil hou, moet jy haar bederf!

“Soms moet ’n mens dalk net eers ’n gesprek voer voordat jy te vinnig uit die boks spring. Vind uit wat is fout en bederf haar. Ek belowe jou, sy sal jou ten volle terugbetaal.”

Sy glo “alle mense voel maar onseker oor hulself” en sy gebruik sang, dans en skryf as uitlaatklep om dit baas te raak.

“Ek dink kuns is al wat help om my onsekerhede te oorkom.”

Kaya het tans nie ’n kêrel nie, maar as ’n liedjie op haar nuwe album as ’n rigtingwyser gebruik kan word, is haar volgende geliefde moontlik ’n “Toy Boy”. Want, soos Kaya en Cyndi Lauper graag sou sê: “Girls just wanna have fun.”

* Die ekspo oor seksualiteit, gesondheid en leefstyl word nog tot vandag in die Nasrec-sentrum aangebied.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-15°C Showers late. More sun than clouds. Cool. Pta: 13-28°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 8-21°C Sunny. Mild. Bfn: 3-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-17°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Mechanical Designer

Pretoria
Neo Batho (Pty) Ltd
R20 000 - R30 000 Per Month

Mechendiser Positions

Pretoria North
Weebee Rewards
R3 500 - R5 000 Per Month

IT Solutions Sales Expert

Johannesburg South
DAV Professional Placement Group
R350 000 - R400 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!