Steenkamp-saak: Seun ‘meer buite as binne’ ná borg

2012-09-09 01:07

Minder as ’n week nadat hy op borgtog vrygelaat is, het die minderjarige seun wat aangekla is van die drie moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad gister aan ’n gimkana-toernooi in Bloemfontein deelgeneem.
Volgens die seun se voog, wat ingevolge die Kinderwet nie geïdentifiseer mag word nie om die seun se identiteit te beskerm, het hy sedert sy vrylating meer tyd buite as binne die huis deurgebring.

Hulle het Maandag die uitslag gekry waarop hulle gehoop het toe landdros Oswald Mazwi tydens sy uitspraak gesê het hy voel dit is nie in die belang van geregtigheid om die kind hangende sy verhoor aan te hou nie.

“Ek weet nie hoe om die landdros se uitspraak te beoordeel nie, maar as jou span gewen het, kla jy mos nie,” sê die voog.

Die 16-jarige seun het gister as deel van ’n senior span aan die Vrystaatse kampioenskap by die Bloemfontein-Wes-klub geneem.

“Hy is sterk aan die gang vandag. Dit tel as goeie oefening vir volgende maand (Oktober) se Suid-Afrikaanse gimkana-toernooi wat in Newcastle gehou gaan word. Hy gaan daar ook as ’n senior deelneem,” het die voog gister gesê.

In die seun se borgtogaansoek het sy regsverteenwoordiger, adv. Willem Coetzee, as buitengewone omstandighede aangevoer dat hy na die skool in Bloemfontein moet terugkeer om te vermy dat sy skoolloopbaan ontwrig word. Die skool se beheerliggaam het egter kort ná die seun se vrylating ’n vergadering gehou waarop besluit is hy moet eerder tuis onderrig word.

Luidens ’n verklaring het die beheerliggaam se voorsitter gesê dit is nie wenslik dat die tienerseun toegelaat word tot die skool of koshuis terwyl hy verhoorafwagtend is nie.

Rapport verneem ingevolge art. 9(1) van die SA Skolewet mag die beheerliggaam, op redelike gronde en as ’n voorsorgmaatreël, ’n leerling wat vermoedelik ernstige wangedrag gepleeg het, skors van bywoning van die skool. Maar sodanige skorsing mag afgedwing word net nadat die leerling ’n redelike geleentheid gebied is om vertoë in verband daarmee te rig.

Daar moet glo ook ingevolge die wet binne sewe skooldae ná die skorsing ’n tugverhoor gehou word of die skool se departementshoof moet goedkeuring gee vir die voortsetting van die skorsing.

Volgens die seun se voog is daar die afgelope week reeds twee beplande vergaderings tussen sy prokureur, Stoffel de Jager, en die skool se beheerliggaam gekanselleer omdat daar nooit genoeg lede van die beheerliggaam beskikbaar was nie.

“Ek het baie vrae oor hoe die tuisonderrig gaan werk met eksamens en toetse? Want as tuisonderrig so maklik was, sou almal dit mos gedoen het,” sê hy.

Hy glo dit gaan die seun moontlik benadeel sou die verhoor maande of selfs jare voortduur. Hulle oorweeg dit nog nie om die seun in ’n ander skool in te skryf nie.

“Ek dink nie enige ander skool sal Grey se probleem van hul hande wil afneem nie. Ek ontmoet Maandag (môre) die prokureur en sal dan ’n besluit oor sy toekoms moet neem.”

Die kantoor van die direkteur van openbare vervolging in Kimberley het Maandag aan Rapport laat weet hulle gaan appelleer teen die landdros se besluit om die seun op borgtog vry te laat omdat hulle voel die landdros het hom in sy uitspraak met verskeie kwessies misgis.

* Rapport verneem talle ouers het gedreig om hul kinders uit die skool te haal sou die seun teruggelaat word en dat die kantoorpersoneel met klagtes daaroor oorval is.
Die beheerliggaam se voorsitter kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-17°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-19°C Sunny. Mild. Bfn: 2-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-24°C Sunny. Mild. PE: 9-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Internal sales position (AFRIKAANS)

Roodepoort
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 500 - R28 000 Per Month

Afrikaans speaking receptionists needed

Midrand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 500 - R28 000 Per Month

Marketing Executive

Centurion
Umjikelo Recruitment Services

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!