Stellenbosch het meeste ‘loslappies’

2012-09-22 23:13

Amanda Biderman, eggenote van Noel Biderman, sê sy sal nooit haar man verkul nie en hy ook nie vir haar nie, al reël hulle buite-egtelike verhoudings vir skelm getroudes wêreldwyd.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Stellenbosch se getroude, heteroseksuele vroue het dié dorp nou “Skelmbosch” herdoop.

Dis nie net skelmpies van die teenoorgestelde geslag wat op hul spyskaart is nie: Hulle jag gereeld ’n ontroue “selfdegeslag-ervaring”.

So sê Julianne Robicheau, die woordvoerder van Noel en Amanda Biderman, uitvoerende hoofde van Avid Life Media.

Avid Life Media is die eienaar van AshleyMadison.com, ’n internasionale internetafspraakdiens vir getroudes wat plesier buite hul eie huweliksbed soek.

Van alle dorpe in Suid-Afrika is dit Stellenbosch se getroude, heteroseksuele vroue wat die ontrouste is. AshleyMadison.com, wat in ­Toronto, Kanada, gesetel is, het drie maande gelede sy dienste na Suid-Afrika gebring.

Volgens Robicheau het 115 000 Suid-Afrikaanse getroudes sedertdien aangesluit. Wêreldwyd het die webwerf 15 miljoen lede, van wie gemiddeld 68% mans en 32% vroue is.

Maar op Stellenbosch, waar 1% (sowat 1 000) van sy nagenoeg 110 000 inwoners aan Ashley­Madison.com behoort, lyk die statistieke anders, want ’n hele 41% van die Stellenbosse rondslapers is vroue, sê sy.

Die vroue van nog twee Wynlandse dorpe, die Paarl en Worcester, is ’n kortkop agter dié van Stellenbosch.

Ander dorpe en voorstede met ’n groot vroue-lidmaatskap is Witrivier, Louis Trichardt, Irene, Delmas, Vanderbijlpark, Randfontein, Brits en Brackenfell.

Stellenbosch se getroude vroue se vryery met dieselfde geslag is nie vreemd nie, sê Robicheau.

AshleyMadison.com, wat sy dienste al in 23 lande aanbied, “het lede in elke land wat ’n affair met iemand van dieselfde geslag wil hê. Dis waar vir Stellenbossers en oral in die wêreld.

“Ons het sowat 300?000 vroue op ons ledelys wat buite-egtelike selfdegeslag-verhoudings versoek.

“Dis vroue wat hulself as heteroseksueel beskryf, maar belang stel in ’n ervaring met iemand van dieselfde geslag; iets anders as hul eggenoot!”

Dit oortref die getal getroude mans wat buite-huwelikse plesier by ander mans soek met sowat 50 000.

Dorpelinge soek na skelm plesier “omdat daar in klein plattelandse dorpies soos Stellenbosch ’n baie kleiner netwerk mense is met wie jy daagliks in aanraking kan kom. Die internet het dinge verander.

“Ontmoetingsnetwerke gee vroue die geleentheid om ander mense in buurdorpe of -stede te ontmoet, of dié wat hul dorp besoek. Duisende van ons Suid-Afrikaanse lede is besig om affairs te reël met mense buite hul woonbuurte. Dit sluit in mense met heeltemal ander agtergronde as hul eie.”

Robicheau sê hul netwerk fokus nét op buite-huwelikse verhoudings, “vir daardie mense wat weens hul lewensomstandighede diskreet ’n ander minnaar as hul eie verlang.

“Toe ons die ontmoetingswebblad in 2002 begin het, het ons ontdek dat sowat 25% van ons ­lede nie enkellopend was nie.

“Ons het besluit om ’n spesiale gemeenskap te bou – een waar eendersdenkende volwassenes diskrete buite-huwelikse verhoudings kon aanknoop.

“Dis verreweg verkieslik bo dit wat op sommige enkelloper-afspraakwebblaaie gebeur.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
67 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-18°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-14°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.