Stem nóú vir jou geliefkoosde dorp

2012-07-28 23:56

Stem nou vir jou gunsteling-dorp in Suid-Afrika of Namibië.

Die stemlyn is reeds oop vir lesers om hul keuse te doen om uiteindelik ­Rapport en Kwêla se Dorp van die Jaar vir 2012 te bepaal.

Die kompetisie word deur Leopard’s Leap geborg.

SMS slegs die dorp se naam – een van die nege finaliste – na 33157. Slegs 30 SMS’e word per unieke selfoonnommer toegelaat. Elke SMS kos R1,50.

Die stemlyn sluit Dinsdag 7 Augustus om 12:00.

En net om die geheue te verfris gee Rapport vandag ’n oorsig van al nege streekwenners en vyf redes hoekom jy vir elkeen van dié dorpe moet stem.

Onthou ook om Woensdag om 19:30 Kwêla op kanaal 111 te kyk vir hul insetsel oor die nege dorpe wat nou om die gesogte titel meeding.

Al die stemmery is natuurlik nie om dowe neute nie. Afgesien daarvan dat lesers sélf die wendorp bepaal, is daar ook groot pryse op die spel.

Een leser wen ’n vakansie ter waarde van R65 000 in die Heritage Le Telfair Resort & Spa-hotel in Mauritius, geborg deur World Luxury Hotel Awards.

Dit sluit in sewe nagte se verblyf, ontbyt en aandete ingesluit, vir twee mense in die hotel, retoervlugte vir twee mense na Mauritius vanaf Kaapstad of Johannesburg, lughawebelasting, vervoer van en na die lughawe en na die hotel op die eiland, een sessie spa-behandeling vir twee mense, en dan ’n 4x4-rit of ’n kwadfiets-rit.

Die pakket is nie beskikbaar in piekseisoen nie en hang af van beskikbaarheid van verblyf.

Al die mense wat SMS’e gedurende die kompetisie gestuur het, het ’n kans om ’n wit Kia Picanto te wen, geborg deur Kia Motors Bloemfontein.

Kia Motors Bloemfontein het ook die twee Kia Sedonas geborg wat die ­Rapport- en Kwêla-span gebruik het om die land vol te toer om net die mooiste stories oor die dorpe vir lesers te bring.

Vega Graphic het gesorg dat dié motors nie misgekyk kan word nie deur die embleme daarvoor te vervaardig.

Op een leser wag daar ook ’n Leopard’s Leap-ervaring, wat insluit ’n kooksessie vir twee mense saam met ­Liam Tomlin Food by Leopard’s Leap Vineyards in Franschhoek, reis, lughawevervoer, wynproe en verblyf vir een nag in ’n vyfster-gastehuis.

Leopard’s Leap skenk een 18 liter-bottel wyn vir ’n gelukstrekking.

Vir navrae oor die kompetisie bel Hetta Saunderson by 082 920 3444.

Sluit gerus by die Facebook-blad “Kwela en Rapport Dorp vd Jaar” aan vir ’n kykie agter die skerms na al die besoeke aan die streekwenners – van Pieter Koen wat met ’n seekoei speel, Suzaan Steyn wat visvang, Mandi du Plooy Baard wat in die sneeu speel, ­Rozanne McKenzie wat perdry en ­Claude Pretorius wat teen ’n duin afrol in ’n reuse-bal.

***



Clarence (Vrystaat)


1. Kuns- en inloer-winkeltjies met snuisterye van enige aard is in oorvloed en daar’s geen kettingwinkels nie. 2. Buitelug­lewe is hemels met rotsklim en ­zipline wat die adrenalien opjaag. 3. Fossieltoere vir oud en spesifiek jonk waar onder meer die oorblyfsels van die Mas­so­spon­dy­lus gesien kan word – op 195 miljoen jaar oud nie vandag se kind nie. 4. Golden Gate Highlands Nasionale Park met die Basotho- kulturele dorpie wys hoe die Sotho-mense eeue gelede geleef het. 5. Clarens Brewery en Highland Coffee hou die kele nat en elkeen maak die beste van hul eie produk.

“’n Klein paradys wat so sentraal geleë is dat dit maklik bereikbaar is vir omtrent enigiemand.”
– Koos Rosslee, uitvoerende hoof van Clarens Golf Estate



Hoedspruit (Limpopo)

1. Die dorp het die ergste oorstromings in 20 jaar oorleef en vandag is die dorp weer ’n rustige oase vir reisigers. 2. Die Olifants- en Blyderivier sorg vir asemrowende natuurskoon en vrugbare landbougrond. Die fauna en flora lok selfs wetenskaplikes van oor die wêreld heen. 3. As jy op ’n safari wil gaan, is Hoedspruit net die plek danksy tussen 150 en 200 luukse verblyfplekke. 4. Natuurbewaring is in die inwoners se gene en die gemeenskap het inisiatiewe begin om vir die oorlewing van renosters te baklei. 5. Hlokomela is ’n kruietuin-inisiatief om werk te verskaf en verskaf kruie aan plaaslike lodges, hotelle en restaurante.

“Hoedspruit is ’n wonderlike plek wat lank terug as ’n juweel deur internasionale toeriste ontdek is.”
– Altie Scholtz van die Zuleika-gastehuis



Kathu (Noord-Kaap)

1. Tiger se moses ... Die Kalahari Country Club spog met die 27ste beste gholfbaan in die land. ­2. Kathu is mynwêreld, met Kumba Iron Ore die vierde grootse verskaffer van verskeepte ystererts ter wêreld. Die Sishen-myn is een van die grootste oopgroef-ysterertsmyne. 3. Die dorp is binne-in ’n bos geleë met meer as 4 000 ha kameeldoringbome wat ruig staan. 4. Biltong is sinoniem met Kathu, en dis ’n jagtersparadys met meer as 40 verskillende spesies wild op baie van die plase. 5. Die asgate is allesbehalwe asvaal met die plante wat inwoners weggooi en dan daar geplant word.

“Die hart van die dorp is groter as die dorp self ...”
– Tanya Aucamp, bestuurder: kommunikasie van die Sishen-myn van Kumba Iron Ore



Lady Grey (Oos-Kaap)

1. Neem maar ’n dik baadjie saam in die winter. Die Witteberge lê spierwit onder die sneeu, en soms is tot die sypaadjies toe onder ’n wit kombers. 2. Buite die dorp is die treinspoor met sy tru-trappe en indrukwekkende tonnel van sandsteen wat in 1911 voltooi is. 3. Reënboogforel trek vlieghengelaars soos ’n magneet. 4. Die Kunste-akademie met sy 580 leerders kweek die groot akteurs van môre. 5. Die omgewing is ideaal vir fietsryers en motorfietsryers wat in die nabygeleë klowe die arm- en beenspiere wil laat werk.

“Ons is ’n hegte gemeenskap wat in alle omstandighede saamstaan. Nie net is die natuurskoon asemrowend nie, dis boonop ongerep.”
– Ian Cloete van die plaas Karnmelkspruit



Prins Albert (Wes-Kaap)

1. Die juweel van die Karoo dra sy jare goed vir ’n dorp wat al 250 jaar oud is. Die tuine word nog uit leivore natgelei en die geboue is mees­tal in die Karoo-, Victoriaanse of Kaapse-Hollandse styl gebou. 2. ’n Staproete deur die dorp om van die argitektuur te leer word vinnig ’n spookroete met rare vertellings wat jou koue rillings gee. 3. Die Swartbergpas, wat in 1886 deur Thomas Bain voltooi is, is vandag nog net soos toe dit meer as 100 jaar gelede gebou is. 4. Dis ’n kuierdorp met ’n hoofstraat vol instap-winkeltjies wat altyd iets te ete en te drinke het. 5. By Avoova word volstruiseierdoppe gebruik om handgemaakte artikels vir die uitvoermark te maak.

“Jy groei vas aan die dorp. Ons is net die beste dorp. Klaar.”
– Ronel Tolken, posmeester



Sabie (Mpumalanga)

1. Die 7 km van die Sabie­rivier waartoe hengelaars toegang het, word as die beste plek vir vlieghengel beskou. 2. Die omgewing is enige fietsryer se droom met Hazyview 400 m bo seevlak en die Longtom-pas wat tot 2 000 m styg. 3. Vir ander adrenalienverslaafdes is daar van brugswaai tot “kloofing” – party mense noem dit selfs “’n staptoer op steroïede”. 4. Die versteekte watervalle in die klowe is ’n prioriteit vir besoekers en daar is spesiale watervaltoere wat dié natuurwonder aan mense vertoon. 5. Sabie is lankal nie meer net ’n bosboudorp nie; dis nou ’n bestemming vir almal van sport­aanhangers tot hengelaars en fynproewers.

“Die yskoue, vloeiende bergwater is ’n vlieg­hengelparadys.”
– Andrew Kanaris, avonturier bekend as Big Sky Andrew



Schweizer-Reneke (Gauteng/Noordwes)

1. Wat eens ’n lang, vaal muur langs die Hoërskool Schweizer-Reneke was, is vandag versier met Bybeltekste in Afrikaans, Engels en Tswana. Dit laat besoekers sommer welkom voel as hulle Schweizer-Reneke binnery. 2. Piet Sap, of dan Piet Janse van Rensburg, is John Deere-groen. Hy lok mense van oral met sy versameling van 5 000 John Deere-items. 3. Die dorp steun swaar op boerdery, en mielies maak ’n belangrike deel van die ekonomie uit. 4. Duiweboerdery is groot, hetsy dit wedvlug- of sierduiwe is. Klop gerus by enige klublid aan om kennis uit te ruil. 5. Die skilder Irma Stern is hier gebore. Die huis waar sy gewoon het staan steeds op die dorp. Dit word tans gerestoureer.

“Blom waar jy geplant is.”
– Hettie van Zyl, inwoner.



St. Lucia (KwaZulu-Natal)

1. Die veiligste manier om die 1 000 seekoeie en 2 000 Nylkrokodille in die St. Lucia-meer te sien is beslis per boot. 2. Waterbokke, sebras, olifante en renosters is maar enkele van die diere wat te sien is op wildbesigtigingstoere in die iSi­mangaliso-vleilandpark. 3. Die krokodille van die St. Lucia-krokodilsentrum word nie later handsakke nie; die diere word eerder aan plase en wildreservate verkoop. 4. Die see self is ’n groot trekpleister, of jy wil hengel, op ’n boot uitgaan of sommer net op die strand wil gaan stap. 5. In die Isi­pha­pha­la­zi-skoenlappersentrum is dit omtrent ’n gefladder van vlerkies danksy die tien spesies wat daar gehuisves word. ’n Verdere 110 spesies kom in die omgewing voor.

“Jy kan nie nader aan die natuur kom as juis hier nie. Die mense is ook gemoedelik; jy is nie in ’n geveg met die horlosie nie.”
– Francois van der Merwe (91), oudste inwoner



Walvisbaai (Namibië)

1. As jy nie sélf die duine wil uitklim nie, is daar altyd ’n sandplank of ’n kwadfiets. Duin 7 is seker die gewildste baken in die omgewing. 2. Onder die inwoners se “vriende” tel die robbe en pelikane en boot­toere van die Waterfront is baie gewild om dié diere van naderby in die see te leer ken. 3. Die Namibiese Hawe-owerheid – of sommer net Walvisbaai se hawe – is al as die beste hawe in Afrika aangewys. 4. Hier kry jy ook letterlik die sout van die aarde. Walvisbaai Salt Holdings maak 700 000 ton sout per jaar. 5. Die strandmeer is sowat 7 km lank en daar is 51 verskillende voëlspesies hier te sien.

“Die wêreld hier is so mooi, ek moet dit net met elkeen deel wat hier kom.”
– Fanie du Preez, toergids van Kuiseb Delta Adventures

***

Alle SMS’e wat gedurende die kompetisie gestuur word, kom in aanmerking vir die wit Kia Picanto 1.2 EX met komplimente van Kia Motors Bloemfontein.
* Die motor sal deur Kia Motors Bloemfontein op die wenner se naam geregistreer en gelisensieer word.
* Die wenner is verantwoordelik vir sy/haar eie versekering op die voertuig en vir enige koste om die motor in Bloemfontein af te haal.

***

Een gelukkige trekking vir ’n sewe nagte lange vakansie vir twee mense wat deel by die Heri­tage Le Telfair Golf & Spa-hotel in Mauritius. Die pakket sluit die volgende in: retoerkaartjies na Mauritius vir twee mense vanaf Kaapstad of Johannesburg, lughawebelasting, vervoer van en na die lughawe van Mauritius, ’n spa-behandeling vir twee mense en ’n kwadfiets- of 4x4-toer.
* Die pakket is nie beskikbaar in die spits-vakansietyd nie en is onderhewig aan beskikbaarheid van verblyf.

***

Een gelukkige trekking vir ’n Leopard’s Leap-ervaring, wat insluit ’n kooksessie vir twee mense saam met Liam Tomlin Food by Leopard’s Leap, asook alle reiskoste, vervoer na en van die lughawe, ’n wynproe en bed-en-ontbyt vir een nag in ’n vyfster-gastehuis in die Franschhoekvallei.
* Leopard’s Leap skenk een 18 liter bottel wyn vir ’n gelukstrekking.
* Mense jonger as 18 sal nie in aanmerking kom vir die wynpryse




Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-18°C Sunny. Mild. Pta: 11-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 7-19°C Showery. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 2-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-20°C Partly cloudy. Cool. PE: 9-18°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accounts Receivable Supervisor

East Rand
Network Finance Sunninghill
R360 000 - R420 000 Per Year

Product Control CA(SA) (EE)

Sandton
Network Finance Executive
R500 000 - R600 000 Per Year

Group Accountant

East Rand
Network Finance Sunninghill
R450 000 - R500 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!