Steroïede: Skole in visier

2013-01-20 00:02

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jong rugbyspelers aan van die land se voorste sportskole gaan vir onwettige steroïede en ander verbode middels getoets word.

Dit nadat byna ’n derde van 62 leerlinge wat die afgelope ses maande in onafhanklike toetse ondersoek is, positief getoets het vir middels wat so gevaarlik is dat dit tot die dood kan lei.

In ’n ondersoek het Rapport bevind anaboliese steroïede, ’n skedule 5-middel wat onregmatige verspreiders én gebruikers in die tronk kan laat beland, is so maklik verkrygbaar dat veral jong rugbyspelers dit op die internet bestel en by hul skole laat aflewer.

Ouers, leerlinge en selfs die owerhede is in baie gevalle onbewus van die wetlike implikasies en gesondheidsgevare.

In ’n landwye aanslag op middelmisbruik in skole het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) aangekondig meer as 100 skole, waaronder van die land se voorste sportskole, het al aangedui hulle sal aan die toetsing van leerlinge deelneem.

Skole wat genader gaan word, sluit in die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, Grey-Kollege in Bloemfontein en die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria. Deon Gerber, rugbyhoof van Paarl Gimnasium, sê hoewel sy skool nog nooit probleme met steroïede gehad het nie, staan hulle bankvas agter Saids se plan.

Die skool gaan sy hele o.19A-groep stuur om vir verbode middels getoets te word.

Die Hoër Jongenskool Paarl het ook bevestig hy is reeds deur Saids genader.

Dit sal die eerste gekoördineerde aanslag op middelmisbruik in skole wees, waar kenners lankal vrees dié praktyk is ’n donker geheim.

Riaan de Vries, ’n onafhank­like toetser vir verbode middels in Gauteng, sê 18 van die 62 leerlinge wat hy die afgelope ses maande getoets het, het positief getoets vir anaboliese steroïede.

“Een skool in Durban het snuf in die neus gekry toe daar al hoe meer koerierpakkies vir leerlinge by die skool aangekom het. Hulle het my toe genader om toetse op daardie leerlinge te doen.”

Dr. Jon Patricios, ’n Johannesburgse sportgeneeskundige, sê ’n 20-jarige pasiënt van hom het onlangs gesterf toe hy weens middelmisbruik ophou asemhaal het.

Patricios sien gereeld ernstige mediese probleme, soos die verlies aan erektiele funksie en die vergroting van die hartspier weens steroïedemisbruik.

Hy sê hy het die afgelope vyf jaar ’n merkbare verandering in die liggaamsbou van baie van sy jong pasiënte opgemerk en toe besluit om skole te nader oor sy vermoede dat steroïedemisbruik algemeen geword het.

“Steroïede kan ook kanker, nierversaking, lewerskade en diabetes meebring en selfs beserings veroorsaak waar spiere van die been afskeur,” waarsku dr. Louis Holtzhausen, ’n sportgeneeskundige verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat.

“Een van die kinders wat ek getoets het, het nou nierversaking,” sê De Vries.

“Baie van die outjies wat gevang word, speel in die tweede of derde span en glo hulle sal die eerste span haal as hulle ’n paar kilogram se spiere optel.”

Volgens hom wil ander bloot “goed lyk op die strand”.

De Vries sê hy het al die Valke genader met bewyse dat steroïede onwettig verkoop word, maar hulle het glo nie geweet dit is onwettig nie.

Kragtens die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe mag niemand medisyne of ’n gelyste stof verkoop, in sy of haar besit hê of vervaardig nie, tensy hulle by die voorgeskrewe voorwaardes hou, sê Herklaas Venter, ’n prokureur wat gereeld in verwante sake optree.

“Dit sluit beslis anaboliese steroïede in.”

De Vries het ’n pryslys van ’n plaaslike steroïedesmous aan Rapport gewys waarop voornemende kopers kan kies en keur uit meer as 40 anaboliese middels en bykomstighede, soos spuitnaalde, kan aanskaf.

Die koste wissel van R125 tot R1 600 vir steroïede wat met spuitnaalde toegedien word.

Kapt. Paul Ramaloko, die Valke se nasionale woordvoerder, sê hulle is bewus van die probleem, maar hy kon nie bevestig of die owerhede al enige deurbrake gemaak het om onwettige verskaffers vas te vat nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.