‘Stig weer ’n Christelike universiteit’

2012-08-04 23:40

Daar is ’n behoefte aan ’n Christe­like universiteit in die land.

So het sprekers gister aangevoer by ’n seminaar in Pretoria oor die lewensvatbaarheid van ’n Christelike universiteit in Suid-Afrika.

Dit is veral nodig nadat die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (tans die Noordwes-Universiteit) sy Christelike karakter verloor het.

Prof. Ponti Venter van die Noordwes-Universiteit sê die destydse Potchefstroomse Universiteit het sy Christelike karakter verloor toe die bestuur besluit het die universiteit moet mededingend wees en geld maak. “Dit was nie (wyle prof.) Kader Asmal (destydse minister van onderwys) wat die universiteit gesekulariseer het nie,” het Venter gesê.

Volgens hom moet Christelike universiteite hervestig word, maar dit moet verder as Afrikaans strek en meertalig wees. “Potch kan weer Christelik word, mits ons swart gereformeerdes se steun kry.”

Ook Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, sê daar is ’n groeiende behoefte aan ’n Christelike universiteit.

“Vir ons gaan dit oor Afrikaans en die Afrikaner. Al manier vir ons om te kan oorleef, is om baie goed opgelei te word. Toelating op grond van ras en taal is ’n werklikheid en daarom is dit baie moeilik om in Afrikaans opvoeding te kry.”

Buys sê ’n Christelike universiteit gaan nie regeringsteun kry nie en moet ’n gemeenskapsprojek wees. Volgens hom vaar die staat swak met hoër opleidingskolleges.

Pieter Bisschoff, uitvoerende hoof van die Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros), wat die seminaar met sy Juventus-jeugvereniging aangebied het, sê ook daar is ’n geweldige behoefte by die jeug aan Christelike wetenskaplike opleiding.

Hy sê ’n tersiêre instelling met ’n geloofsoortuiging kan weens die regering se multigodsdienstige beleid nie op regeringsteun staatmaak nie.

“Ons moet dus uitnemende onderrig aanbied en innoverend wees. As ons suksesvol is gaan ons studente oplei wat met hul Christelike waardes in alle sektore van die samelewing sal kan werk.”

Aros is ’n Christelike private tersiêre opleidingsinstelling vir onderwysers.

Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het by die seminaar aangevoer “owerheidsteun vir projekte soos dié is nie tans ’n prioriteit nie”. “As die staat geld gee, sluk hy jou in en skryf hy aan jou voor wat om te doen.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
76 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Nico Hough sê... Het seker ook van die lugmag se geriewe gebruik Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 9-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.