Stryd is nou teen plakkers

2005-02-26 16:03

'n Land verskeur tussen dié met besitreg en nuwe intrekkers wat die "grond van die swart Afrikaner wil wegvat".

Só meen die inwoners wat langer as honderd jaar al die grond van Onverwacht bewerk en hier hul lang geskiedenis, taal en kultuur wil bewaar. En nou lyk dit of hulle van hul grondbesitreg beroof en verder in armoede gedompel gaan word.

Soveel magteloosheid het die Onverwachters lank laas beleef en baie van hulle voel of die demokrasie die soveelste oorlog is wat hulle moet trotseer. Want die plakkers het gekom om te bly, hulle kan die Hop-huise nie wegwens nie, al staan dit op hul private grond, en hul plaas, o hul plaas . . .

Hy onthou 'n tyd, sê mnr. Jan Monare, oftewel oom Jôt, toe hulle hul lande geploeg en mielies en ander gewasse geplant het."Ons het hoenders aangehou, koeie in ons krale en perde in ons stalle. Ons het ossewaens gehad. Ons het nie gebrek geken nie." En nou sit hy hier in sy agterplaas, met 'n koei of twee en 'n paar donkies in 'n beknopte kampie, 'n lappie groente en 'n paar kaalnekhoenders. "Plaashoeners," stel hy die feit reg. "Broei elkere eier uit wat hulle lê. Onse land se eie hoeners, nie masjienhoeners wat nie meer weet van broei nie."

Hy skud sy kop terwyl sy eie oë soek na die gemeenskaplike weiveld waarop Onverwacht se vee en donkies eens vry rondgeloop het. Maar hier is oornag 'n plakkerskamp opgerig en die diere staan nou ingehok op die werf van hul eienaars. "Maar ons kan hulle nie wegjaag nie," mymer hy. Verstoot kan hulle nie, want hulle weet van die pyn van nêrens behoort nie: nie wit genoeg nie, ook nie swart genoeg nie, sê hulle.

En hulle moes gelate toekyk hoe hul Afrikaanse skool, wat "onse voorvaders met hulle hande" gebou het, steen vir steen afgebreek word om plek te maak vir 'n gemeenskapsentrum waaraan hulle geen erg het nie. 'n Nuwe, veeltalige skool is elders opgerig.

En 'n bitterder pil is dat eens trotse grondbesitters nou as stukwerkers dankbaar is vir 'n los werkie teen so min as R50 per dag.

Hulle sukkel om te oorleef en meer as driekwart van die mense is werkloos, sê ds. Hein Holder van die plaaslike NG kerk met sy 160 belydende lidmate en 60 kinders. Hy en sy familie woon van 2000 af ook in die nedersetting.

Nou lyk dit of hul taal en die stukkie grond waarop hul huise staan die enigste is wat van dié historiese gemeenskap gaan oorbly. Hulle het soveel planne vir die ontwikkeling van hul gemeenskap, maar die stryd om kop bo water te hou, is groter.

As hulle kon, sou hulle onder meer die inheemse plantegroei en diere wou hervestig, 'n kamp oprig waar toeriste die natuur en 'n gë?ntegreerde ontwikkelingsprojek kon beleef, 'n kruieplantasie aanlê en 'n museum in een van die ou opstalle inrig. Tot dan, het hulle hul eie historiese toer begin: 'n rit in 'n donkiekar van die NG kerk deur die dorp. Dié voertuie is ook te huur vir romantiese paartjies wat hier in dié kerk wil trou en 'n huweliksfees op Onverwacht wil reël.

Maar, sê die Onverwachters, tussen sê en doen, word niks gedoen, en hulle is hartlik sat vir holle beloftes.

- Rapport

binne rapport

Weer
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 1-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-15°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 8-18°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!