Suid-Afrikaners vul gate in Nieu-Seeland

2012-10-27 23:58

Jaco de Jongh (29) saam met sy Nieu-Seelandse vrou, Hannah. Hy sê hy lewe gemaklik.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Duisende Suid-Afrikaanse ambagslui stroom na Christchurch in Nieu-Seeland om die stad te help herbou ná die verwoestende aardbewing van Februarie verlede jaar.

Die land benodig 58 000 geskikte immigrante wat kan help omdat Nieu-Seelandse ambagslui toenemend vir beter werkgeleenthede na Australië uitwyk.

Volgens Sharon Yerman, besturende direkteur van New ­Zealand Migration Services, is R37 miljard vir die herbou van Christchurch begroot.

Die hele stadskern word oorgebou en van die voorstede is gesloop en moet ook herbou word.

In woonbuurte wat behou kan word, moet van die huise wat nou onder die nuwe vloedlyn val met byna ’n meter verhoog word.

’n Voorman by ’n boumaatskappy in Christchurch verdien meer as R500 000 per jaar, insluitende voordele wat ’n private pensioenfonds, voertuig, rekenaar en selfoon insluit.

Dieselfde voorman verdien sowat R150 000 in Suid-Afrika.

Emigrasiemaatskappye in Suid-Afrika word oorval deur aansoeke en navrae.

“’n Nuwe verblyf- en visumproses is ook in Nieu-Seeland ingestel, wat aansoeke aansienlik bespoedig.

“’n Aansoek om vaste verblyfregte neem deesdae tussen vier en sewe maande pleks van 12 maande soos voorheen.

“’n Werkvisum word ook nou binne 4 tot 15 dae toegeken as daar geen mediese probleme of misdaadgeskiedenis is nie,” sê Yerman.

Nieu-Seeland wil vanjaar minstens 58 000 geskikte immigrante lok.

In die afgelope 12 maande tot Junie 2012 het ’n rekordgetal van 53 763 Nieu-Seelanders (14,4% tegnici en vaklui) na Australië geëmigreer, die meeste van hulle tussen 20 en 29 jaar oud.

* Jaco de Jongh (29), ’n oud-Suid-Afrikaner wat al ses jaar lank in Nieu-Seeland woon en werk, sê sy skoonpa en talle van sy vriende het die land verlaat om in Australië te gaan werk.

De Jongh sê Nieu-Seelanders verdien dubbel daar as wat hulle in hul eie land verdien.

“’n Minister hier het onlangs gesê buitelanders is bereid om langer ure vir minder geld te werk, maar dat daar duisende jong Nieu-Seelanders is wat nie werk nie en vir wie die staat sorg. Hulle wou die mense gebruik, maar hulle is nie gewillig nie,” sê De Jongh.

Die werkloosheidskoers in Nieu-Seeland staan tans op 6,8% in vergelyking met 24,9% in Suid-Afrika.

De Jongh sê al is alles duurder as in Suid-Afrika, sukkel niemand nie en hoef hulle nie bekommerd te wees oor geld nie.

“In Suid-Afrika moet mense beplan om deur die maand te kom, hier kan ons spaar en lekker vakansies hou. Niemand hoef hier te werk vir ekstra geld nie en hier is nie bedelaars op straat nie. Ons lewe gemaklik en baie lekker,” sê De Jongh.

Suid-Afrikaners emigreer volgens Yerman eerstens om finansiële redes, tweedens vir beter opvoeding vir hul kinders en laastens weens vrees oor groeiende misdaad en korrupsie.

Nieu-Seeland is streng met sy keuring van immigrante.

’n Aansoeker met ’n misdaadgeskiedenis of ’n geskiedenis van gesinsgeweld word outomaties gediskwalifiseer.

Sekere mediese gevalle word ook afgekeur, soos byvoorbeeld ’n kind met Downsindroom omdat die staat verantwoordelik is vir die mediese uitgawes.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Cornel Rothmann sê... Ons het 'n splinternuwe matras gekoop en die oomblik toe ons dit op die bed sit en my beddegoed oortrek toe wriemel daar sulke splinteragtige goggas uit die matras en as mens dit "sqhuus" dan kom daar bloed uit die goggas. Die matrasfabriek eienaar insinueer dat dit van my bed afkom...... my ou matras is teruggesit en daar is nikkkkkksssss,,,,,,,, Hoe lank moet ek kalm en ordentlik bly????? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Structural draughtsmen

South Africa
Communicate Cape Town IT
R280000 - R350000

Structural Engineer

West Rand
Communicate Cape Town IT
R150000 - R250000

Electronics Engineer

Cape Winelands
Communicate Cape Town IT
R250000 - R400000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.