Supersport sê oor Ashwin

2012-12-16 02:27

Ashwin Willemse

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ja, die oud-Springbok Ashwin Willemse is betrek by ’n omstrede transaksie vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en ja, kort ná onthullings hieroor het hy verlof gevra by sy werkgewer, SuperSport. 

Maar volgens Clinton van der Berg, woordvoerder van dié TV-sportdiens, is Willemse nié afgedank nie. 

Kort nadat M-Net se ondersoekspan by Carte Blanche in Oktober onthul het Willemse was die begunstigde van ’n SEB-transaksie van die mynreus Gold Fields wat vir armes bedoel was, het Willemse van die lug verdwyn. 

Die transaksie, wat in 2010 aangekondig is en etlike miljarde rande werd is, is destyds “bemark” deur die veroordeelde bankrower Gayton McKenzie en sy boesemvriend Kenny Kunene. 

Kunene het op sy beurt berug geword toe hy by ’n partytjie soesji van die lywe van halfkaal modelle geëet het. 

Die bestemde begunstigdes was voorheen benadeeldes wat nog min ervaring van die mynbedryf het. Senior regeringslui is ook uitgesluit. 

Tog is politici soos Baleka Mbete, nasionale voorsitter van die ANC, ook deur Carte ­Blanche by die transaksie betrek, asook die rugbyheld en aanbieder Willemse. 

Volgens Van der Berg het Ashwin SuperSport kort ná die betrokke Carte Blanche-program gevra of hy met verlof kan gaan. 

“Ashwin is nie gevra om SuperSport te verlaat nie. Ons was altyd bewus van sy betrokkenheid by die SEB-transaksie. 

“Hoewel hy ’n vennoot is in die groep wat in die program genoem is, was geen van sy transaksies onbehoorlik of onwettig nie. 

“Gegewe dat ons eersteklas-rugbyseisoen verby is, was nie hy of enige van ons ander aanbieders op die lug nie. Ashwin is een van ons gewildste aanbieders en is in Februarie terug wanneer die Super Rugby begin,” het Van der Berg gesê. Ashwin was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.