Swaar arms van die gereg

2012-10-13 23:19

Die gereg se “vettie boem-boems”. | Foto: William Mcintosh

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Gesette polisielede wat agter booswigte aanwaggel en soms die stryd teen sowel vetsug as misdaad verloor, kan nie gedwing word om fiks te word nie, want dit sal hul menseregte skend.

Só het die polisieminister, Nathi Mthethwa, se segsman die afgelope week gesê nadat die minister ’n beroep op “vettie boem-boems” gedoen het om oorlog teen oortollige kilo’s te verklaar.

“Ons kan niemand verplig om ’n fikse polisieman of -vrou te wees nie. Dit sal ’n vergryp van hul regte wees,” het Zweli Mnisi, ministeriële woordvoerder, aan Rapport gesê.

Volgens Mnisi doen die minister wel ’n beroep op lede om gesond en fiks te word, want “vettie boem-boems kan nie misdadigers vang nie”.

Mthethwa se wekroep kom nadat hy Dinsdag in ’n skriftelike parlementêre antwoord gesê het 237 uit 714 (een uit drie) lede by polisiekantore in Durban se westelike voorstede en omliggende gebiede het teen 1 Oktober hul fiksheidstoetse gedop.

Dié druipelinge het ’n joernaal gekry met die ideale liggaams­massa-indekssyfers, ’n handleiding vir oefening en dieet en die polisie se vereiste standaarde wat in herevaluerings gehaal moet word.

Rapport kon nie die inhoud van die standaarde, handleidings of die geskikte lig­gaams­massa­indeks by Mnisi bevestig nie.

Navrae oor fiks­heidsaange­leenthede by die provinsiale owerhede, die polisie se hoof van gesondheidsdienste en opleiding en Mnisi self het niks opgelewer nie.

Mthethwa het op 12 Oktober 2010 dieselfde vraag van Gareth Morgan, DA-LP, beantwoord deur te sê die handleiding en hulppakket is op 22 Maart 2010 bekend gestel, maar dat die Wêreldbeker-sokkertoernooi die uitrol daarvan vertraag het.

Stocky Ngwenya, die polisie-vakbond Popcru se onderhandelaar by die bedingingsraad vir veiligheid en sekuriteit, het by navraag gesê die finale handleiding is nog nie daar nie.

Gareth Newham van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) sê beamptes sou ’n kontrak oor standaarde moes onderteken as die fiksheidsevaluerings deel is van lede se prestasie-ooreenkomste.

“Sodra nuwe beleid of prosedures indiensneming raak, moet dit eers by die bedingingsraad onderhandel word,” sê hy.

Volgens Ngwenya werk Popcru en die SAPD-onderhandelaars aan die handleiding.

“Ons wag nog op terugvoer op ons voorstelle. Ons lede sê hulle word in die provinsies daaraan onderwerp, maar daar is nie ’n behoorlike stelsel om die program te reguleer en meet nie. Ons lede moet weet wat van hulle verwag word om aan die standaarde te kan voldoen.”

Verskeie polisielede by die parlement – ’n nasionale sleutelpunt – weet nie van ’n handleiding, joernaal óf vasgestelde fiksheidstandaarde nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.