Sy skoengrootte is ’n allemintige no. 23

2010-12-11 21:41

Jacques Barnard wys sy no. 23-voet (langs ’n 2 liter-koeldrankbottel). Foto: Brendan Croft

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

As Jacques Barnard die dag sy voet dwars sit, dan wéét jy dit.

Want sover bekend, trap hy die grootste spoor in die land … Sy skoengrootte is ’n allemintige
no. 23!

Op die rusbank van sy huis in Midrand wys Jacques (21) sy voet is ’n raps langer as ’n 2 liter-Coke-bottel.

En moet vir geen oomblik dink sy voete is al wat groot is nie.

Jacques is 2,2 m lank.

Hy kan natuurlik nie soos ander mense by ’n winkel instap en ’n paar skoene van die rak af koop nie. Niemand maak no. 23-skoene kommersieël nie.

Jacques besit dus net een paar skoene: ’n paar tamaai vellies.

“My vellies is die enigste skoene wat ek kan dra omdat my skoene met die hand gemaak word.”

Hy kla nie, want om een paar skoene te hê is beter as om kaalvoet te loop. Maar hy sal graag so nou en dan ’n paar tekkies wou dra …

“Tekkies is buite die kwessie. Jy benodig ’n spesiale mold om die sool te vorm en ongelukkig bestaan daar nie een in my grootte nie,” sug hy.

Sy vellies word spesiaal vir hom gemaak deur Tarzan Skoene in Tulbagh.

Jacques vertel hy was van kleins af groot gebou en het op hoërskool al ’n no. 17-skoen gedra.

“My pa se familie is almal groot mense, so dalk is dit ’n verduideliking. Ek onthou hoe my ma altyd in die koerante gevra het mense moet haar laat weet waar sy klere en skoene in groter groottes as gewoonlik kon aanskaf,” lag Jacques.

’n Prostetikus het voorheen sy skoene teen R5 000 per paar vervaardig. Maar dié skoene was van ’n swak gehalte en die prys het sy ouers se sak te veel geskud.

“Ek het sterk skoene nodig omdat ek elke dag dieselfde skoene moet dra. Die skoene wat ek nou dra, hou ’n goeie drie tot vier maande voordat ek hulle afskryf,” sê Jacques.

Sy paar stewige, handgemaakte vellies kos net R450.

“Jacques het ’n behoefte gehad en niemand anders kon hom help nie,” sê die bestuurder van Tarzan Skoene, mnr. John Olde-Olthof.

Volgens Olde-Olthof is ’n no. 17 die grootste skoen wat hulle vervaardig het tot Jacques op die toneel verskyn het.

“Dit is die grootste skoene wat in die 45 jaar van Tarzan Skoene se bestaan deur ons vervaardig is. Sover ons kennis strek, is Jacques se skoen die grootste nog in Suid-Afrika,” sê hy.

Spesiale gereedskap en leeste moes aangekoop word om Jacques se skoene te vervaardig.

“Die skoen se leer word met die hand uitgesny omdat die patrone wat ons beskikbaar het nie groot genoeg is vir dié paar voete nie.”

Jacques lag maar net daaroor dat hy altyd met dieselfde paar skoene gesien word.  “Niemand is volmaak nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.