Sy wil politiek toe ‘om land te red’

2013-01-27 00:02

Dr. Mamphela Ramphele. Foto: Beeld

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dr. Mamphela Ramphele, strydros uit die struggle, wil die politieke arena betree en sal na verwagting binnekort ’n aankondiging doen.

Ramphele is vroeër vandeesmaand na Amerika waar sy aan minstens een gehoor gesê het sy samel geld in vir ’n “politieke party”.

Sy het ook ambassadeurs om ondersteuning bearbei.

Tony Leon, voormalige DA-leier, het aan City Press, Rapport se susterskoerant, gesê twee mense wat haar vergaderings in Amerika bygewoon het, het dit afsonderlik aan hom vertel.

“Een van die vergaderings was in Boston, waar sy by die tuiste van die Suid-Afrikaans gebore (afgetrede) hoofregter (van die hooggeregshof in Massachusetts) Margaret Marshall gepraat het.”

Minstens twee bronne verwag dat ’n aankondiging binnekort gaan volg. Helen Zille, DA-leier, het verlede jaar probeer om Ramphele sover te kry om by die DA aan te sluit, maar Ramphele het gekies om haar eerder toe te spits op die Citizens’ Movement, ’n nie-regeringsorganisasie wat sy gestig het om maatskaplike verandering te versnel.

Ramphele, ’n hegte vriendin van Zille, het voorheen gehelp om DA-beleidsrigtings te skryf.

’n Bron het gesê Ramphele meen sterker optrede is nodig ná pres. Jacob Zuma se herkiesing as ANC-leier.

’n Ambassadeur met wie Ramphele onlangs vergader het, het gesê sy het “angstig gelyk om meer te doen”.

Ramphele het aan die Amerikaanse gehore gesê “sy gaan nou die politiek betree om haar land te red”.

’n Cope-LP het gesê hulle hoop dat Ramphele en burgerlike organisasies in aanloop tot 2014 se algemene verkiesing saam met opposisiepartye sal werk om die ANC te klop.

Prof. Wilmot James, die DA se federale voorsitter, het egter gesê die DA gaan nie saam met partye wat buite die parlement is, werk nie.

James het gesê daar is geen formele gesprekke tussen die DA en Ramphele nie, maar “indien sy die politieke wêreld wil betree, sal dit ’n welkome ontwikkeling wees”.

Zille het navrae na Ramphele verwys. Ramphele het egter gesê sy is by ’n begrafnis.

– Bykomende beriggewing deur Mandy Rossouw

Lewer kommentaar op hierdie artikel
48 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Deon Janse van Rensburg sê... Ja, tot en met volgende jaar ou. Jy dink tog sekerlik nie die buste vol plakkers wat aangery word is omdat hulle agter "kwaliteit"onderrig aan is nie doen jy? Kan een persoon so naïef wees? Die DA is nie 'n regering in wording nie - dit is suiwer hubris. In die aanloop na volgende jaar se verkiesing sal die Wes-Kaap die hardste getref word deur geweld, onrus en intimidasie - dit is tog 'n ou "bevrydings organisasie"truuk; een wat jy heelhartig ondersteun het. Die DA sit in the parlement en peusel aan die enorme R16m se spysenieringsrekening saam met Zoompie en Pietertjie. Hulle is net so deel van die Vinkel en Koljander verhaaltjie as Pietertjie self. Hulle moet maar die jêmkoekies en vingergeregte geniet terwyl hul kan Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.