Talle vrae ná twee vennote se skietdood

2012-07-28 23:56

’n Skietery in die Kaapse middestad waarin twee mans, Herman Pretorius (40) en sy gewese sakevennoot, Julian Williams (36), dood is, het baie vrae gelaat.

’n Kleinneef van Pretorius sê Pretorius was onlangs op Riversdal. Hy het toe sy besorgdheid uitgespreek oor dividende van Wil­liams se SA Superalloys wat nie aan aandeelhouers uitbetaal word nie.

Alfie Pretorius beskryf Herman Pretorius as ’n “doodgoeie, gewone man wat baie vrae gelos het met die skietery” in die kantore van die Basileus Capital in die Kaapse middestad.

Pretorius, ’n gewese vennoot en ’n private verskansingsfondsbestuurder van Welgemoed, en ­Wil­liams, was in ’n heftige stryery toe Pretorius hom noodlottig in die maag en nek geskiet het.

Pretorius het hom daarna in die kop geskiet en is op pad na die hospitaal oorlede.

Pretorius het talle beleggers in die Suid-Kaap en Weskus.

’n Werker was Donderdag buite die gebou en in ’n telefoniese gesprek met ’n kollega in die kantoor, toe sy Williams hoor gil gevolg deur ’n harde knal. Sy het na die kantoor in die Icon-gebou gehardloop waar Williams en Pretorius in bloedplasse gelê het.

Pretorius sou Donderdagaand Weskus-aandeelhouers op ’n vergadering in Moorreesburg toespreek. Die vergadering is op kort kennisgewing afgelas omdat hy Williams wou spreek.

Die laaste maande is wyd berig dat die twee sakemanne woorde gehad het oor geld wat glo uit SA ­Superalloys, waarvan Williams ’n direkteur was, aan aandeelhouers betaal moes word.

Williams en Pretorius was voorheen vennote in die Abante Statis­tical Arbitrage.

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Neville Chamberlain sê... Ek dink jy is verkeerd - Ramphele kan die DA versterk maar nie andersom nie. Eenvoudig - daar is 'n groeiende swart middelklas wat geen alternatief as die DA gehad het nie. Ramphele bied daardie alternatief aan hulle terwyl die DA vir altyd en 'n dag gesien sal word as 'n "wit"politieke party. Vir die DA om daardie beeld af te skud moet hulle die in die spore van die populistiese ANC trap wat dan hulle die gevolg het dat minderhede die DA as anti-minderheid sal sien. Alreeds het die DA hulself skade berokken met die aanvaarding van SEB as deel van hulle beleid - dieselfde SEB wat minderhede te na kom. En wie beveg hierdie beleid die hardste? "Wit" organisasies soos Afriforum en Solidariteit. Onthou dat meeste van die klaers in die RA saak teen die DKD bruin is, nie wit nie. Wat het die DA hieromtrent gedoen? Niks. In die parlement gesit en aan die tafel saam met al die ander LP's gesit en nuttig aan die R16m spysenieringsrekening. Wat het die DA ten opsigte van e-toll gedoen? Niks - 'n "wit"siviele organisasie beveg die saak vir ons. Wat het die DA omtrent die muilbandwet gedoen? Toe dit op die nippertjie kom het hulle kompromie aangegaan en gevou soos 'n huis van kaarte. Wie gaan die muilband wet beveg? Tien teen een Right2Know. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 8-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 11-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Midrand
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.