Thuli bekyk Nkandla
2012-10-07 00:20
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Die openbare beskermer ondersoek die R238 miljoen wat die regering aan pres. Jacob Zuma se private Nkandla-woonkompleks bestee het.
“Ja, ’n ondersoek is aan die gang,” het adv. Thuli Madonsela gister bevestig.
Die staat het in Augustus 2010 geskat die verbeterings aan Nkandla sou net R6,4 miljoen kos.
Die werklike bedrag was 3 600% hoër. “Ons vra die presidensie oor wié watter besluite maak en wie aanspreeklik is. Meer as net openbare werke is hier betrokke,” het Madonsela gesê.
- Carien du Plessis, Adriaan Basson, Jeanne van der Merwe en Thanduxolo Jika.