Tina stres nie, maar koes vir die LP’s

2012-09-29 23:27

Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het ontken stresverlof was die rede waarom sy twee vergaderings van ’n parlementêre komitee misgeloop het waartydens sy dringende vrae moes beantwoord.

Dié “gerug” is deel van ’n “DA-smeerveldtog teen haar” omdat ’n “naïewe” Annette Steyn, DA-woordvoerder oor landbou, “gefop” is deur “kwaadwillige skinderstories”.

So lui ’n SMS wat die minister Woensdag uit haar siekbed aan familie en vriende geSMS het.

Steyn het aan ­Rapport gesê sy het Woensdag ’n oproep en SMS’e van ­die minister gekry omdat sy (Steyn) Joemat-Pettersson se twee kinders “paniekbevange gelaat het” oor hul ma se toestand.

Lulu Johnson, ANC-voorsitter van die portefeuljekomitee oor landbou, bosbou en visserye, het aan Rapport gesê hy het in die laaste vergadering (Dinsdag 18 September) gesê die minister is siek.

“Ek het nooit gesê sy ly aan stres nie,” het hy gesê.

Die minister verwys hierna in haar SMS.

Hy het Woensdag met die minister gepraat en aan Rapport gesê “sy’s fine”, by die werk, en sou eergister by die ANC se nasionale uitvoerende komiteevergadering wees.

Palesa Mokomele, Joemat-Pettersson se woordvoerder, het Donderdag aan Rapport gesê die minister is wel vir twee weke tuis met brongitis.

Volgens Steyn het die minister dit voorheen duidelik gestel sy sal nié weer voor “die spesifieke” komitee verskyn nie.

Johnson het op Dinsdag 11 September aan LP’s gesê die minister het ’n oorkwaal en dat sy met haar motor Kaap toe ry, want sy mag nie vlieg nie. Sy sou te laat wees vir hul vergadering waarop sy dringende vrae moes beantwoord.

Dit was die tweede “uitstel”.

Intussen is Selby Bokaba, departementele kommunikasiehoof, geskors. Hy het blykbaar sonder toestemming met die media gepraat en inligting aan die openbare beskermer se ondersoekspan verskaf.

Ander personeellede wat die afgelope twee maande weg is:

Ronika Ramanand, die minister se private sekretaresse, is geskors weens die beweerde uitlap van inligting;

Dr. Mono Mashaba, die adjunk-direkteur-generaal van visserye, wat op die vergadering van 11 September vir Joemat-Pettersson moes instaan voor vies LP’s, het bedank;

Rams Mabote, spesiale adviseur en vertroueling, het bedank ná aantygings dat hy inligting uitgelek het;

Langa Zita, direkteur-generaal, is “om administratiewe redes” geskors en het sedertdien ’n skeidingsooreenkoms met die minister gesluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-18°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-14°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.