Tjeers vir eers!

2012-12-29 23:17

Chad le Clos. Foto: Al Bello, Getty Images

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nou ja toe.

Die einde van die wêreld het toe nie in 2012 aangebreek soos die Majas voorspel het nie.

Ons ken ’n hele paar mense wat erg omgekrap is daaroor.

“Dit sou al my probleme opgelos het,” sê ’n vriend die ander dag.

Die arme man.

Sy motor is stukkend en boonop is hy in die moeilikheid by sy vrou, sy baas en sy bankbestuurder.

Vir hom, soos vir baie ander, sou die Majas se voorspelling dat die wêreld op 21 Desember tot ’n einde sou kom, ’n uitkoms gebied het.

Want as ’n mens vir ’n oomblik klinies en helder op die jaar terugkyk, was 2012 inderdaad ’n annus horribilis.

Polities gesproke ten minste.

Ook natuurlik as jy skoolgegaan het in Limpopo.

Of ’n motoris was op die Ben Schoeman tussen Johannesburg en Pretoria.

Nee, ons is nie sinies nie. Net realisties.

Enigeen wat nog nie kan sien ons is op die politieke afdraande pad nie, is soos ’n alkoholis wie se familie hom heeldag waarsku dat drank sy lewe verwoes, maar hy besef dit nie.

Die ANC en sy leiers steier onder hubris, hul tender-bekers loop oor en soos Icarus gaan hulle nog hul gat sien.

Pres. Jacob Zuma, die man wat die jaar op ’n persoonlike hoë noot afgesluit het deur hom as partyleier herkies te kry, is die ridder op die wit perd wat die lemmings oor die rand van die afgrond gaan lei.

Soos Desmond Tutu met trane in die oë vir Trevor Manuel sê: “Sê vir jou baas ek bid vir hom. Sê vir hom die ou man gaan nou bid soos hy vir die Natte gebid het.”

Maar dis nou eers genoeg oor die politiek.

Miskien – of hopelik – sal ons oor ’n dekade terugdink aan 2012 in Churchilliaanse terme: “This is not the end. It is not even the beginning of the end, but it is perhaps the end of the beginning.”

Die geskiedenis sal dié klomp plunderaars uiteindelik vergeet en wegvee.

Gelukkig was daar die afgelope jaar ander wat meer werd is om te onthou.

Daar is immers landgenote wat steeds presteer op verskeie vlakke, ondanks politieke verval, verkalkte apparatsjiks en buro-amptenare wat die land en sy mense probeer kniehalter.

Dit wys ’n mens net: Niks kan ons terughou nie.

Miskien is daar troos in syfers wat die internet-soekenjin ­Google onlangs uitgereik het oor Suid-Afrikaners se webbelangstellings die afgelope jaar.

Wat het hulle die meeste kere in hul Google-soekenjin ingetik? Marikana? Mangaung? Springbokrugby? Nee, nie een van dié dinge haal die toptien nie.

Die orkaan ­Sandy, die storm wat die ooskus van Amerika in Oktober geteister het, was boaan die lys.

En daarna Eurobekersokker, die Olimpiese Spele, Velvet Sky (die lugdiens wat in Mei gelikwideer is) en die sangeres Whitney Houston (wat in Februarie dood is).

Sesde op die lys (kan jy dit glo!) is Moedersdag.

Is dit nie wonderlik nie? Waar om blomme te koop vir jou ma op Moedersdag is steeds belangriker vir Suid-Afrikaners as die getal vroue wat Zuma het, die korrupsieklagte teen ­Julius Malema of verlede week se parlementêre debat.

Daarom het ons besluit dat ons man van die jaar nie die swemmer Chad le Clos gaan wees nie.

Al het hy die beste swemmer van alle tye in die Olimpiese swembad geklop.

Dit is ook nie daardie ongelooflike roeispan van ons wat, asof van nêrens, ons TV-skerms binnegeroei en ’n goue medalje gewen het nie.

Nee, ons man van die jaar is die nimlike “Unbelievable Bert”, die pa van “the most down to earth, beautiful boy you will ever meet in your life”.

Onthou julle hom? Die groot oom wie se hart amper uit sy reeds oorvol hemp gebars het terwyl hy vir die wêreld skree: “Look at him, look at him! What a beautiful boy! I love him!”

Dit maak nie saak hoeveel keer ’n mens na die onderhoud van die BBC se Clare Balding met Chad le Clos se pa kyk nie, dit beur jou altyd op.

Dit het jou selfs laat vergeet van die Majas en die naderende eindtye.

Wanneer jy bedruk voel oor die lewe, onthou net wat Bert tydens die onderhoud gesê het: ­“Whatever happens in my life now, it’s plain sailing, it’s plain sailing. It feels as if I’ve died and gone to heaven...”

Bert le Clos is ons man van die jaar, want hy het ons weer herinner dat dit die klein dingetjies is wat regtig saak maak. Soos om regtig ongelooflik, onbeskryflik opgewonde te wees as jou kind sukses behaal.

En dat dit geen sonde is om aan die wêreld te verklaar dat jy dink jou seun is oulik nie.

Wat die res betref: Wel, miskien moet ons maar aan 2012 dink as ’n “ten spyte van”-jaar.

Die jaar toe Caster Semenya ’n silwermedalje by die Olimpiese Spele gewen het ten spyte van die chaos in Atletiek Suid-Afrika.

Toe ons krieketspan nommer een in die wêreld geword het ten spyte van die feit dat ’n voormalige hoofbeampte, Gerald Majola, se vingers in die kasregister vassit.

Toe Oscar Pistorius in die Olimpiese Spele gehardloop het ten spyte van die feit dat hy nie bene het nie.

Toe ons ekonomie gegroei het ten spyte van ondeurdagte politieke beleid.

Toe Ernie Els die Britse Ope gewen het ten spyte van die feit dat baie gholfliefhebbers hom afgeskryf het as oor die muur.

Toe daar kinders in Limpopo was wat hul skooljaar deurgekom het ten spyte van die feit dat hul skoolhandboeke nooit afgelewer is nie.

Toe die Springbokspan drie toetse in Europa kon wen ten spyte van die feit dat hulle skaars staande kon bly tydens die voorafgaande Kampioenskapstoernooi.

Toe Johan Botha die rol van Otello in New York se Metropolitan-operahuis gesing het ten spyte van die feit dat opera in Suid-Afrika doodgeswyg word.

En toe die land se vroue lief gebly het vir hul mans ten spyte van die feit dat hulle nooit hul vuil sokkies in die wasgoedmandjie gegooi het nie.

Oscar, Caster, Johan en Ernie (en ons liefdevolle vroue) is ’n metafoor van hierdie land en sy mense.

Ons mag struikel, ons mag dalk verneder word, maar ons beur vorentoe.

Op ons eie manier, al is dit hoe vreemdsoortig, kom ons tog uiteindelik by die wenpaal uit.

Ten spyte van ons politici en die Majas se voorspellings.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-24°C High level clouds. Mild. Pta: 12-26°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 11-21°C Morning clouds. Mild. Bfn: 11-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 19-28°C Afternoon clouds. Warm. PE: 16-21°C Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!