Toekoms troebel met net matriek

2013-01-05 23:22

Matrieks moet gaan kyk waar vaardigheidstekorte is en in watter sektore van die ekonomie daar groei is – en hulle dan in dié beroepsrigtings bekwaam.

Dit is kenners se raad aan jong skoolverlaters.

“Ons ekonomie vereis al hoe meer dat mense die nodige kennis moet hê en moet weet hoe om dit toe te pas wanneer hulle die arbeidsmark betree,” sê Jacques Botha van die African ­Foresight Network.

“As jy dít kan doen, is daar vir jou geleenthede in die arbeidsmark. Maar as jy met net ’n matrieksertifikaat werk soek, is die kans groot dat jy teleurgesteld gaan wees,” sê hy.

Dit is omdat ’n matrieksertifikaat nie meer beskou word as ’n kwalifikasie wat jou vir die moderne werkomgewing voorberei nie, sê hy.

Entrepreneurskap bly belangrik, watter beroepsrigting ook al gevolg word, omdat mense vir hulself werk kan skep.

Botha sê die toerismebedryf en die lewering van dienste is groeiende sektore in die ekonomie.

Volgens CNN en Forbes is daar ’n groeiende vraag in al die vertakkings van die rekenaar- en finansiëledienste-bedryf.

Die top-10 Beroepe met die hoogste vlakke van vaardigheidstekorte in SA in 2013:

1. Ingenieurs
2. Bestuurders
3. Geskoolde vaklui
4. Arbeiders
5. Korporatiewe uitvoerende bestuurders
6. Onderwysers
7. Prokureurs
8. Sekretaresses, administratiewe assistente en kantoorpersoneel
9. Tegnici
10. Ouditeure en finansiële personeel

Bron: Moneyweb/Man­powerGroup

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.